School sportSport

Vier Vossie rugbyspanne deur na Limpopo finale

Die Hoërskool Ben Vorster se O/14A-, O/15A-, 2de en eerste rugbyspanne het Saterdag almal die Limpopo grootskole semi-finale gewen. Die wedstryde is op Frikkie Meyer se tuisvelde te Thabazimbi gespeel. Die O/16A- en 3de span het hulle semi-finale verloor.

Die Vossies se O/14B-, O/15B- en O/16B-spanne het reeds hulle finale gespeel waar die O/14B- en O/16B-spanne as naaswenners en die O/15B-span as wenners uit die stryd getree het.

Die O/14A’s het 20 elk teen Hoërskool Ellisras geëindig met ‘n halftyd telling van 10-10. Die Vossies is egter deur na die finaal aangesien hulle die meeste drieë in die wedstryd gedruk het.

Die Vossies se O/14A –span sal op 29 Julie teen PHS in die Limpopo finaal te staan kom. Voor van links: Rea Modiba, Shane Mushwana, Nzalama Twala, Kyle Maritz, Jevon Miller en Jappie Makhubele. Middel: Nhlamulo Shilubane, Xavier Jansen van Vuuren, Bradley Makuena, Ruan Paulse, Flaf Venter, Erno Botha, Amu Siwele, Thapelo Matjokotja, Phillip Esterhuizen, Shaun Matthysen, Brandy Steynberg, Henro Kemp en Ruan Smit. Agter: Phetole Mahasa, Brain Vermeulen, Du Toit Hartzenberg, Erich Ackermann, Werne

Francois Venter, Shaun Matthysen en Werner Geldenhuys was die Vossies se drie-drukkers en Brian Vermeulen het vyf punte vir die span met sy skopskoen aangeteken. Bradley Mokwena is as speler van die wedstryd aangewys.

Die Hoërskool Ben Vorster se O/15A-span is deur na die Limpopo finaal. Voor van links: Maupe Letsoalo, Damian Brass en Christiaan Ackermann. Middel: Johndé Grobler, Renzo du Plessis (k), mnr. Tjokkie von Straate (afrigter), Léhann Marais (o/k) en Dylan Kotze. Agter: André Hartzenberg, Ryno Scheepers, Jaco Massyn, Juan Joubert, Thabang Sejake en Kabelo Kgohloane. Afwesig: Kamogelo Kgohloane, Ricky Beswick, Aldrich van de Merwe, Sameul Mabeba en mnr. Regardt Kleingeld (afrigter).

Die Vossies se Juan Joubert het die O/15A-span se eerste drie teen Hoërskool Frikkie Meyer gedruk in hulle semi-finaal. Renzo du Plessis, Kamogelo Kagelane en Jaco Massyn het elkeen ook ‘n drie gedruk en Kabelo Kagelane het twee van die drieë verdoel en twee strafskoppe tussen die pale gejaag. Die Vossies het maar harde bene gekou sonder ses van hulle aanvangspelers en met ‘n halftyd telling van 19-12 in die Vossies se guns was die wedstryd op ‘n mespunt. Die reserwes en B-span spelers wat opgetrek is het hulle egter uitstekend van hulle taak gekwyt en die Vossies het as oorwinnaars uit die stryd getree met die eindtelling 32-19. Vossie stut, Juan Joubert, is as speler van die wedstryd aangewys.

Die Vossies se tweedespan het ‘n wegholoorwinning van 51-0 teen Tom Naudé behaal. Martin Kirstein is as speler van die wedstryd aangewys.

Die eerstespan het in hulle semi-finaal teen Hoërskool Ellisras te staan gekom en ‘n gemaklike oorwinning van 42-12 behaal. Hulle drieë is deur Franco Oberholzer(3), Erik Meintjies, Shima Molepo en Muzi Nyakane gedruk. Die losskakel, Erik Meintjies, het twee strafdoele en drie doelskoppe oorgeskop. Die Vossies se C.J. Erasmus was die speler van die wedstryd.

Die Limpopo finale word op 28 Julie op Tom Naudé se velde gespeel. Die Vossies se O/14A-span sal teen PHS op die veld draf, die O/15A-span teen Hoërskool Merensky en die 2de en 1ste spanne teen Hoërskool Frikkie Meyer.

Related Articles

Back to top button