School sportSport

#Vossies se netbalspanne presteer by Limpopo kampioenskap

Die Hoërskool Ben Vorster se vier netbalspanne het twee eersteplekke, ‘n tweedeplek en ‘n derdeplek tydens die provinsiale netbalkampioenskap, wat op 3 Junie te Polokwane plaasgevind het, behaal.

Die Hoërskool Ben Vorster se spanne gaan vanaf 4-6 Augustus aan die Nasionale Top Skole toernooi deelneem.

Die O/16-span is as wenners gekroon. Hulle het hulle semi-finaal teen Frikkie Meyer 18-5 gewen en die finaal teen PHS met 21-7. Die uitslae van hulle poel wedstryde was as volg: Ben Vorster wen Warmbad 20-8, Ben Vorster wen Piet Potgieter 22-9, Ben Vorster wen PEPPS 26-2. Agter van links: Bianca Thete, Nthabiseng Ramathwala, Zonika Stapelberg, Anandi Jansen van Rensburg, Elmé Genis, Emma Gaffone en Lebo Maake. Voor: Xhalati Mashinabye en Mokete Malete.

 

Die O/14-span is as naaswenners gekroon nadat hulle 12-15 teen PHS (1) in die finaal verloor het. Hulle het 17-4 met Frans du Toit in die semi-finale afgereken. Die uitslae van hulle poel wedstryde was as volg: Ben Vorster wen Frikkie Meyer 14-10, Ben Vorster wen Ellisras 27-4, Ben Vorster wen PHS (2) 20-11. Agter van links: Schockey Lebetha, Amukelani Kubayi, Shammor Ngobeni, Tumelo Malatji, Lebo Mamarara, Prudence Lebea (hulp-afrigter). Voor Charmaine Beetge (Afrigter), Riviningo Mathonsi, Hlogi Sneyolo en Dedeya Shipalana.

 

Die Vossies se O/17-span het algeheel 3rde in hulle afdeling geëindig. Hulle uitslae was as volg: Ben Vorster verloor teen Frikkie Meyer 14-18, Ben Vorster wen Nylstroom 21-6, Ben Vorster wen PHS (2) 11-10, Ben Vorster verloor PHS (1) 11-14. Agter van links: Beverly Mackaukau, Michelle Shikwambana, Mpho Mtimkulu, Ilze Meyer, Pamela Baloyi, Caelen Adendorff, Lané Scheepers. Voor: Euvia Ngomane en Candy Mathebula (reserwe).

Related Articles

Back to top button