School sportSport

Laaste liga wedstryd vir die #Vossies se eerste seuns hokkiespan

Die Vossies se seuns hokkiespanne het op 3 Junie hul laaste liga-wedstryd van die seisoen teen PHS gespeel.

Die Vossies het 3-2 gewen. Hulle het die wedstryd met baie goeie en gefokusde spel begin en is ‘n doel deur Dawid Moremibinne die eerste 15 minute aangeteken.

Teen halftyd was die telling nogsteeds 1-0.

Die Vossies se tweede doel is deur Jaco de la Rey in die negende minuut van die tweedehelfde aangeteken.

Jaco het nog ‘n doel aangeteken. PHS het hard teruggeveg met twee doele, maar dit was nie genoeg om die Vossies te stuit nie en het hulle 3-2 gewen.

Die O/16-seunspan het hulle liga-wedstryd 0-1 verloor.

Al die meisies hokkiespanne,behalwe die O/14-span, wat tweede geëindig het, het eerste in hulle liga geëindig. Die spanne sal op 16 en 17 Junie in die semi-finale en finale te Polokwane speel.

Related Articles

Back to top button