School sportSport

Vossie rugbyspelers gekies

Die Hoërskool Ben Vorster het hierdie jaar weer ‘n mooi aantal rugbyspelers wat opgeneem is in spanne vir die: Cravenweek, O/18-akademie-, Grant Khomo- en Noordvaal PUK-week.

Vyf Vossies naamlik: Ferrol Harmse, Melvin Maake, Thapelo Ramoshaba, Duval Strydom en Nkateko Tiba is gekies vir die O/18 akademiespan.

CJ Erasmus, Heini Ferreira, Shama Manzini, Shima Molepo, Nyiko Ntlemo en Bernard Vermaak is in die Cravenweek span opgeneem

Die O/18 leerders wat vir die akademiespan gekies is.Van links: Melvin Maake, Ferrol Harmse en Duval Strydom. Afwesig: Thapelo Ramoshaba en Nkateko Tiba.

Tendai Kgopa en Motome Monyana is vir die O/16-Grant Khomoweek span gekies.

Louis Fourie, Leonard Joubert, Tiaan Meintjies, Gavin Rautenbach, Christiaan Smit en Meyer Vorster is vir die O/16-Noordvaal PUK-week span gekies.

Die leerders in die O/19-Noordvaal span. Van links: Frans Pohl, Stemonuel Rolls en Erik Meintjies.

Erik Meintjies, Frans Pohl en Stemonuel Rolls is vir die O/19-Noordvaal span gekies.

Related Articles

Back to top button