School sportSport

Vossies kraai koning tydens skyfskietkompetisie

Die skyfskietspan van die Hoërskool Ben Vorster het op 20 Mei, in die Leeu skyfskietkompetisie te Louis Trichardt weer eens gewys dat hulle uitstekende skuts is.

Hano Sliep, Maryke Basson, Zack Verster, Johandré le Roux, Sean Fourie, Mareli Delport en Lorenze Dreyer het deelgeneem.

Hano Sliep (O/21) het die Sporter toekenning van die dag met ‘n groottotaal van 880 uit 1 000 punte gewen. Hy het al die posisies in die 3P- en 10m-staanafdelings gewen.

Maryke Basson was die beste skut in die O/16-afdeling met 862 punte uit 1 000. Sy was eerste in die staan-, kniel- en 10m-afdelings asook in die 3P-totaal.

Zack Verster (O/16) het ‘n eersteplek in die 3P-lê met ‘n telling van 96 uit 100 gewen. Hy was ook derde in die 3P-totaal, vierde in die 10m-staan en vierde in die groot totaal.

Johandré le Roux (O/16) het ‘n brons medalje in die 10m-staan gewen.

Lorenze Dreyer (O/14) het sy persoonlike beste geskiet en sy telling van die vorige kompetisie met 79 punte verbeter! Hy was ook vyfde in die 3P-staan.

Mareli Delport (O/14) het haar telling met 22 punte en Sean (O/16) het sy telling met 7 punte verbeter.

Related Articles

Back to top button