School sportSport

Larries in die Limpopo hokkiespan

Die 0/13 A en B Limpopo hokkiespanne is die naweek van 5 en 6 Mei aangekondig tydens hul oefenkamp te Hoërskool Pietersburg.

Opgeneem in die A span wat vanaf 1 tot 6 Julie in Potchefstroom aan die Interprovinsiale Toernooi gaan deelneem, is Maynard Kleynhans, Johan van den Heever, Wikus Joubert, Ockert Schoeman, Elzet Toerien, Desiré de Jager en Joalize Smit.

Larries in die Limpopo hokkiespanne. Van links: Elzet Toerien, Joalize Smit En Desiré De Jager.

Marais Botha het die B span gehaal. Hulle gaan in Witbank deelneem vanaf 12 tot 16 Julie aan die Noordelike Streekstoernooi.

Related Articles

Back to top button