Hierdie was die eerste wedstryde vir die seisoen, en afrigters het van die geleentheid gebruik gemaak om spelers te begin voorberei vir dit wat voorlê.
Die o.15-seuns het Sutherland High School en Hoërskool Barberton in hul poelwedstryde gewen, maar vasgeval teen Pretoria Boys High.
Hulle het in die Plaat semi-finaal teen Hoërskool Centurion naelskraap 17-19 verloor.
Die o.18-manne het in ‘n baie goeie begin Hoërskool Hans Moore 28-0 kaf gedraf.
Daarna het hulle nog twee wedstryde gewen en een verloor, om in die Plaatfinaal teen Hoërskool Wonderboom kragte te meet.Wonderboom wen hierdie wedstryd 36-21.
Masedi Manamela, Noko Malatji en Freddie Lubbe is in die o.18-span as “Spelers van die wedstryd” aangekondig.
Ses Plasie-spelers is genooi om aan proewe deel te neem vir ‘n uitnodigingspan wat later vanjaar in Dubai gaan toer, naamlik Quiniso Madzhiga, Masedi Manamela, Dylan Herrendoerfer, Ruurd Jacobs, Jan-Carel Pretorius en Rudolph Beetge.