School sportSport

Sewes rugby skop af

Hoërskool Merensky se o.15- en 0.18 7's-rugbyspanne het Saterdag, 27 Augustus aan die Sutherland Sewestoernooi in Centurion deelgeneem.

Hierdie was die eerste wedstryde vir die seisoen, en afrigters het van die geleentheid gebruik gemaak om spelers te begin voorberei vir dit wat voorlê.

Die o.15-seuns het Sutherland High School en Hoërskool Barberton in hul poelwedstryde gewen, maar vasgeval teen Pretoria Boys High.

Hulle het in die Plaat semi-finaal teen Hoërskool Centurion naelskraap 17-19 verloor.

Die o.18-manne het in ‘n baie goeie begin Hoërskool Hans Moore 28-0 kaf gedraf.

Daarna het hulle nog twee wedstryde gewen en een verloor, om in die Plaatfinaal teen Hoërskool Wonderboom kragte te meet.Wonderboom wen hierdie wedstryd 36-21.

Masedi Manamela, Noko Malatji en Freddie Lubbe is in die o.18-span as “Spelers van die wedstryd” aangekondig.

Ses Plasie-spelers is genooi om aan proewe deel te neem vir ‘n uitnodigingspan wat later vanjaar in Dubai gaan toer, naamlik Quiniso Madzhiga, Masedi Manamela, Dylan Herrendoerfer, Ruurd Jacobs, Jan-Carel Pretorius en Rudolph Beetge.

Related Articles

Back to top button