Vossies in SA-topskole netbaltoernooi

Die jaarlikse SA-topskole netbaltoernooi het vanaf 5 tot 7 Augustus te Boksburg plaasgevind.

Die Hoërskool Ben Vorster se A-spanne het almal deelgeneem en ses wedstryde elk gespeel.

Die uitslae was soos volg: O/14-span verloor teen Potchefstroom Gimnasium 11-18, HTS Middelburg 4-17, Hoërskool Pearson 10-11, Hoërskool Waterkloof 5-18, Hoërskool Diamantveld 9-12.

Hulle wen Hoërskool Nelspruit 12-11.Die O/14’s eindig algeheel 19de uit 21 spanne.

Die O/16-span verloor teen Hoërskool Brandwag 16-18, Vereeniging Gimnasium 18-21.

Hulle wen Hoërskool Upington 14-4, Potchefstroom Gimnasium 16-15, Hoërskool Framesby 16-9, Meisies Oranje 19-12.Die O/16’s eindig algeheel sesde uit 21 spanne.

Die O/17-span verloor teen HTS Middelburg 8-16, Hoërskool Noordheuwel 9-21, Hoërskool Sentraal 8-18, Klerksdorp Hoërskool 7-22, Hoërskool Outeniqwa 11-15, Hoërskool Upington 12-13

Die O/17’s eindig algeheel 19de uit 19 spanne.

NTT Toyota Eerste – O/19-span verloor teen Paarl Girls High 21-26, Potchefstroom Volkskool 19-32, Afrikaans Hoër Pretoria 22-46, Hoërskool Nelspruit 25-35.

Hulle wen Hoërskool Duineveldt 27-23, Hoërskool Noordheuwel 27-26, Hoërskool Dannville KZN 35-17

Die O/19’s eindig algeheel 18de uit 21 spanne.

Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om al ons borge, veral NTT Toyota Tzaneen, te bedank vir hulle borgskap aan ons eerste span.

Exit mobile version