Vossie-atlete blink uit in Nelspruit

Die Vossie atlete het 23 Januarie aan ‘n vriendskaplike atletiek byeenkoms by Hoërskool Nelspruit deelgeneem.

Die volgende skole was teenwoordig: Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Ligbron, Hoërskool Rob Ferreira, Affies Meisies en Seuns, Hoërskool Ben Viljoen en Hoërskool Lydenburg.

Die Vossie-atlete het ten spyte van die hitte uitstekend presteer en het 10 goud, sewe silwer en nege brons medaljes verower.

Hiermee het hulle hulle leuse, “Stry tot oorwinning”, tot uitvoer gebring.

Die volgendeVossieatlete het rekords verbeter: Lara Schutte M O/17: 100m(12,78sek); 200m (25,91sek); 400m(58,97sek).

Carmen Botha M O/19 : 400m hekkies (66,83sek).

Tristin du Preez S O/17: spies gooi (55,75m).

Die jaarlikse Prestige atletiek byeenkoms vind 29 Januarie plaas in Vossie land.

U word hartlik uitgenooi om die byeenkoms, wat om 14:00 begin, by te woon.

Exit mobile version