Local sport

Phalaborwa Road Runners bied 3-in-1-wedren aan

Die Marula-to-Marula-wedloop het plaaslike talent ten toon gestel, met Phalaborwa Road Runners se organiseerders wat dit as 'n sukses beskou het.

LIMPOPO – Phalaborwa Road Runners het die afgelope naweek die Marula-to-Marula 3-in-1-wedren aangebied met atlete wat kon kies tussen 21km, 10km of 5km-afstande.

“Dit het goed gegaan op die dag. Ons het in totaal omtrent 140 inksrywings gehad. Die enigste uitdaging was die koue en winderinge weer,” sê Molatelo Thupayagae, een van die organiseerders van Phalaborwa Road Runners. Die wedren het by die Foskor-parkeerterrein weggespring en ‘n 10km-roete deur die dorp gevolg. Die 21km-hardlopers het twee keer die roete gehardloop en natuurlik ‘n ekstra 1km draai gehardloop,” verduidelik hy.

Emmanuel Ramohlale wen die 21.1km-mansafeling met ‘n tyd van 1:12:30. Akani Mathebula van PMC-atletiekklub is in die tweede plek en Doctor Malepe van Foskor-atletiekklub is in die derde plek.

Lucky Mathebula van Phalaborwa Road Runners wen die juniormansafdeling vir 15 tot 19-jariges met ‘n tyd van 1:33:56. Godfrey Baloyi wen die veteraanmansafdeling en Godfrey Roalane wen die grootmeester-mansafdeling.

Pretty Zitha van Foskor-atletiekklub is die eerste vrou oor die eindstreep in die 21km met Stephanie Kruger in die tweede plek en Cecilia Kenney in die derde plek. Zitha wen die goue medalje met ‘n tyd van 2:02:57.

Op die 10km-roete is dit Musa Thuketana wat eerste plek vat met ‘n tyd van 32:44. Julient Mgiba is in die tweede plek en is net vier sekondes na Thuketana oor die eindstreep. Lucky Maahlo is in die derde plek.

Benny Nghulele en Brian Baloyoi deel die eerste plek in die juniormansafdeling. Albei voltooi die 10km in 45:49. David Setati wen die grootmeester-mansafdeling en Ken Rabie wen die groot-grootmeester afdeling.

Nsuku Mathonsi is die eerste vrou wat die 10km klaar maak met Mangata Mathonsi in die tweede plek. Monique van Staden in die derde plek.

Zoe Livingstone wen die junior vroueafdeling en Salmina Mema wen die vroue veteraanafdeling. Lindie Mathebula-Ndhluli is die eerste meester oor die eindstreep en Corrie van Antwerpen wen die grootmeesterafdeling. Ann Jackson is die wenner van die groot-grootmeesterafdeling.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button