Local sport

Fietsspeke sing in die Koedoesvallei

Die Mooketsi-bergfietsuitdaging was ‘n reusesukses met meer as 200 bergfietsryers en ‘n menigte ondersteuners wat die roetes in die Koedoesvallei by Keerom Lodge aangepak het.

Alan Gordon het die voortou op die 70km-roete geneem en het die algehele eerste plek gevat met ‘n tyd van 2:52:23. Hein du Plessis is in die tweede plek en Conrad Lubbe is in die algehele derde plek. Lané du Plessis is die eerste vrou oor die eindstreep op die 70km-roete en Chantal Weyers is in die tweede plek.

Dylan Chilott wen die e-fietsafdeling. Die 50kmroete was baie gewild onder die fietsryers met junior en jeugryers wat ook kon inskryf. Waldo Strijdon is die algehele wenner van die 50km en wen ook die junior seunsafdeling met ‘n tyd van 1:46:31.

Lees ook: PHOTOS: Cyclists enjoy Mooketsi MTB

Anke Rood wen die meisiesjeugafdeling met ‘n tyd van 2:11:11. Henro van der Walt is die wenner van die seunsjeugafdeling terwyl Chantelle Gouws die meisiesjeugafdeling wen en is ook die eerste vrou oor die eindstreep in ‘n tyd van 2:10:08. Deon Lewis is die eerste volwassene oor die eindstreep en wen die veteraanmansafdeling in 2:14:05. Karia Martin wen die vroueafdeling en is ook eerste in die veteraanvroueafdeling met ‘n tyd van 2:27:53.

Jacques Coetzee wen die e-fietsmansafdeling en Yolande Stewart wen die e-fietsvroueafdeling. Eli Signer wen die subjuniorseunsafdeling op die 35km-roete en Elané Visser wen die subjuniormeisiesafdeling. Signer voltooi die roete in 1:36:29. Bevan Maguire is die wenner van die 35km-wedren en vat ook eerste plek in die subveteraanafdeling terwyl Nicola van Heerden die vroueafdeling wen met ‘n tyd van 2:01:05.

Lees ook: Groot makietie by Mooketsi MTB die naweek

Op die e-fietse is dit Carlo Pagani wat eerste plek vat en Gill Barret wat die eerste vrou op ‘n e-fiets oor die eindstreep is. Rodney Cooper wen die grootmeestermansafdeling op sy e-fiets. Die 15km-wedren het ook baie inskrywings gehad met bergfietsryers van Laerskool Duiwelskloof en Laerskool Tzaneen wat die wedren aangepak het.

Mauritz Meiring is die algehele wenner met ‘n tyd van 40:28.6. Nelda Strijdom is die eerste meisie oor die eindstreep en wen ook die o/12- meisiesafdeling. Releagile Mthombene wen die nippers-afdeling en Logan de Greave wen die seunsafdeling. Die organiseerders het die fietsryers, ondersteuners en dag se hoofborge, ZZ2, PPS, Switch en Corruseal asook Duncan Hawthorne, Hishtil, Lannie Motors en Letaba Herald bedank wat die waterpunte by die wedren beman het.

Related Articles

Back to top button