Die dag se wedrenne sluit 70km-, 50km-, 35km- en 15km-afstande in wat van 07:00 tot 07:45 sal wegspring. Fietsryers kan hul vaardighede op die fiets oor ‘n 214m-brug oor ‘n dam toets en ook asemrowende uitsigte van die natuurskoon in die Koedoesvallei geniet. Vanjaar is daar ook ‘n 5kmpretdraf om 08:05 vir diegene wat nie fietsry nie.
Die dag beloof om pret vir die hele familie te wees met ‘n kindervermaakarea, swembad, koelte, kos- en drankstalletjies by Keerom Lodge, voorheen bekend as APC-kamp. Daar word ook ‘n fondsinsameling gehou ten bate van Tamatieland-kleuterskool met ‘n potjiekoskompetisie.
Lees ook: ZZ2 Mooketsi MTB in pictures
Die seremoniemeester is Matie van Graan en ‘n boeredans of sokkie word vir die aand beplan. Die bergfietswedrenne is Limpopo-kwalifiseerders en is deur Cycling SA onderskryf.
Gaan na www.mooketsimtb. co.za om in te skryf of skakel Joanell by 015 395 8548 of info@mooketsimtb.co.za vir meer besonderhede. Skakel Chantelle by 084 398 5963 vir stalletjies, die boeredans en die potjiekoskompetisie.