Gimnaste ryg rits medaljes in

Nathan Wiggil het ‘n algehele tweede plek en Herman le Roux het die algehele vierde plek gevat uit 31 gimnaste in die vlak 2-afdeling.

Die gimnaste van Zanis Gimnastiek Akademie op Tzaneen het onlangs die medaljes ingeryg by die sonekompetisie wat by die Matsport-sentrum in Centurion plaasgevind het. “Die gimnaste het teen 2000 gimnaste van Gauteng en Mpumalanga gekompeteer,” sê Sanja Pretorius, afrigter by Zanis Gimnastiek Akademie.

“Ek is ‘n baie trotse afrigter. Die span het 12 goue medaljes, nege silwermedaljes en vyf bronsmedaljes gewen by die kompetisie,” sê sy. Alyssa du Toit, Zara Prinsloo, Lané Botes, Rorisang Lekete, Islay Rose-Strever, Ditheto Motupa, Elri Coetzer, Dylan Kardos, Jambrecht Venter, Nathan Wiggil, Herman Le Roux en Carmi Nothnagel het goue medaljes ontvang.

Lees ook: Harde werk word beloon

Leah Kuisis, Ya’el Jooste, Emma Kruger, Nina Roode, Andreas Coetser, Morgan Martins, Gabriella Loucao en Mika Coetzee het silwermedaljes gewen. Evené Rose-Palm, Herman Le Roux, Emily Coertzen, Wian Engelbrecht en Kristie Coetzee verdien bronsmedaljes tydens die kompetisie.

Exit mobile version