Groot klubrugby by Letaba die naweek

Letaba rugbyklub bied Saterdag die James Tolmay rugbydag aan met klubs van regoor Limpopo wat in vyf vriendskaplike wedstryde in aksie sal wees.

Die aksie sal om 12:00 begin met ‘n wedstryd tussen Nkowankowa en Unilim. Om 13:30 sal Letaba se tweedespan teen Louis Trichardt se derdespan uitdraf.

Louis Trichardt se tweedespan sal om 15:00 teen Noordelikes te staan kom en om 16:30 speel Kruinies teen Musina se eerstespan.

Die hoofwedstryd skop om 18:00 af met Letaba se eerstespan wat teen Louis Trichardt se eerstespan kragte meet.

Lees ook: Letaba Rugby Club is more than a sports club

Kosstalletjies sal beskikbaar wees en Bosbok kroeg sal oop wees vir die geleentheid.

R20 ingangsfooi per voertuig is betaalbaar by die hek.

Vir meer besonderhede skakel die klub se voorsitter, Bennie Kruger by 083 635 1731, Dippies de Beer by 078 538 3508 of Carel O’Neill by 079 693 2292.

Exit mobile version