Fransies laat ‘spat’ in die swembad
Die klubswemmers van Hoërskool Frans du Toit het die afgelope naweek aan die vierde ouderdomsgroepgala op Tzaneen deelgeneem en goed gevaar.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/113/2023/10/0ed8d22d-fc35-4a6b-b5dc-95c25a761141-780x470.jpg)
Divan Bothma palm derdeplekke in die 50m-vlinderslag, 200m-vryslag, 100m-vryslag in en vat vyfdeplek in die 50m-vryslag. Faanru Bothma vat eersteplek in die 50m-borsslag en 100m-borsslag en vat tweedeplekke in die 50m-vlinderslag en 100m-vlinderslag.
Tiaan Kruger vat drie eersteplekke in die 50m-borsslag, 50m-rugslag en 50m-vlinderslag. Hy vat ook tweedeplekke in die 50m-vryslag en 200m-vryslag. Danielle Le Roux vat eersteplek in die 200m-individuele wisselslag en derdeplekke in die 200m-rugslag en 50m-borsslag.
Lees ook: Fransies welcomes new headmaster
Ulf Paetzold vat twee tweedeplekke in die 100m-borsslag en 50m-borsslag en vat derdeplek in die 200m-individuele wisselslag en vyfdeplek in die 200m-vryslag. Ettiene Tröger vat eersteplekke in die 50m-rugslag en 200m-vryslag.
Hy vat ook tweedeplekke in die 200m-rugslag en 100m-rugslag. Marilee Coetzee palm drie eersteplekke in die 200m-borsslag, 50m-vryslag en 100m-vlinderslag in. Sy vat ook derdeplek in die 200m-vryslag en 50m-vlinderslag.