Local sportSport

Die twee spanne druk altesaam sewe drieë tydens die wedstryd

Letaba-rugbyklub se Oumanne-rugbypan moes Saterdag die knie buig voor die Jongmanne wat die wedstryd met ‘n eindtelling van 24-17 beklink het.

Ten spyte van die hitte het die Jongmanne en die Oumanne gesorg vir aanskoulike rugby. Die twee spanne druk altesaam sewe drieë. Vir die Jongmanne het Niel van Vuuren, Zian van den Heever, Sidwell Kubayi (Rasenge) en Janco Grobler elkeen ‘n drie gedruk en het Wynand van Niekerk met twee verdoelskoppe geslaag.

Willem Snyman, Luan Labuschagne en Picasso Coetzee het elkeen agter die doellyn gaan kuier vir die Oumanne en Giepie Labuschagne het geslaag met een verdoelskop. ‘n Goeie gees het op die veld geheers en ‘n hoogtepunt was die kinders en jong ondersteuners van Letaba-rugby wat saam met die Oumanne op die veld gedraf het.

Lees ook: Hoedspruit High School Golf Day: Battle of the Fairway

Spankaptein van die Jongmanne, Du Toit Hartzenberg het tydens die prysuitdelingsfunksie na afloop van die wedstryd die trofee ontvang. Hartzenberg is ook vereer met die agterspeler van die jaartoekenning. Wynand van Niekerk is vereer met die trofee vir die beste vordering en Damien Brass ontvang die jongspeler van die jaartrofee as ook die spelers se speler-trofee.

Carel O’Neill is vereer as die sportman van die jaar. Gawie du Plessis ontvang die gesogte klubman van die jaar-trofee en die trofee vir die beste voorspeler gaan aan Wikus Swart. Theo Mare word as die beste eerstespanspeler vereer. Die klub het elke speler, borg en toeskouer vir hulle ondersteuning bedank.

Related Articles

Back to top button