Local sportSport

Balle rol tydens Eiland-borgdae

Die Eiland Spa Rolbalklub se wintervakansieprogram het Saterdag die halfpadmerk bereik met nege van die 18 wedstryde agter die rug.

“Daar is twee wedstryde gespeel waaraan 72 spelers in 24 spanne deelgeneem het, met aansteeklike spangees en entoesiasme,” vertel Johan Scheepers, woordvoerder vir die Eiland Spa Rolbalkub. Die wenners van die dag se wedstryde is Leon van Dyk, Estelle de Beer en Corna Visser se span. Theo Els, Sharon Camble en Sonja Struwig vat tweedeplek in die kompetisie en Leon Pieters, Marie Gouws en Adrie Lamprecht se span is derde.

Die Eiland Spa het die dag se spel en pryse geborg; hulle borg ook die uiters gewilde jaarlikse Sitrus Toernooi wat in Augustus aangebied word. “Ons is baie dankbaar teenoor Die Eiland Spa vir die instandhouding van die rolbalbaan asook vir die groot werk aan die perk wat jaarliks ná die seisoen gedoen word teen groot koste,” sê Scheepers. Johan van Backström (82) is reeds 39 jaar ‘n gedugte rolbalspeler en het ook verlede week die klub se mansenkelspelkompetisie vir die tiende keer gewen.

Lees ook: Balle rol by die Eiland-rolbalkub

Sy medespeler het hom staande toegejuig tydens die prysuitdelingsfunksie. Hy is reeds sedert die ontstaan (2004) en ingebruikneming van die Eiland Spa Rolbalklub (2006) betrokke by die wintervakansieprogram. Van Backström is ‘n gedugte teenstander; hy was reeds 36 keer in eindstryde betrokke as individu en as lid van verskeie spanne.

“Ouderdom vernietig nie talent nie! Johan verteenwoordig ook Mpumalanga in verskeie kompetisies en was ook verskeie jare lid van die veteraneinterdistriktespan. Johan is beskeie oor sy prestasies. Hy is dankbaar vir gesondheid, geleenthede en vermoëns wat hy as genade van Bo beskou,” sê Scheepers.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button