Local sportSport

Balle rol by die Eiland-rolbalkub

Die Eiland-rolbalkub het die afgelope drie weke elke Saterdag borgdae aangebied.

Laeveld Sitrus het verlede Saterdag se spel geborg. Michael Grech, Bertie Conradie, Deidre van Zyl en Adri Lampbrecht se span wen die eersteprys. Elize de Klerk, Hélene de Klerk, Basil de Klerk, Kobus Coetzer wen die tweedeprys en Johan van Wyk, Arina Conradie, Santa Abrahams en Connie Coetzer wen derdeprys by die borgdag.

Op 3 Junie word die spel se pryse geborg deur Kobie Coetzee en om die wedstryd meer interessant te maak, moes elke speler wat die witbal geraak het, ‘n sopie mampoer sluk. Die wenner vir die dag moes ses keer ‘n draai maak by die mampoerbottel.

Lees ook: Voetspoortjies geniet 90’s retro-team by Tzaneen Rolbalklub

Die eersteprys gaan aan Hannelie Meyer, Lynn de Bruyn, Jan Viljoen en Wynand Lourens. Johan Meaker, Bertie Conradie, Elsa Pelser en Herman Visser se span vat tweedeplek en Andy Greenwood, Herman van Zyl, Lampies Lamprecht, Connie Coetzer se span vat derdeplek. Michael Grech van Witbankrolbalklub was die borg vir Saterdag 10 Junie se borgdag.

Twee wedstryde van twee keer twaalf koppe is gespeel en 24 spanne het met ywer deelgeneem. Manie Engelbrecht, Elsa Pelser, Martie de Bruyn en Helen de Beer se span behaal die eersteplek en Nico de Bruyn, Estelle de Beer, Kobus Coetzer, Sonja Struwig se span behaal die tweedeplek. Sonja Hartman, Gerrie van Jaarsveld, Lampies Lampbrecht en Cliff Hartman se span behaal derdeplek.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button