Local sportSport

Plasies hou stokke hoog

In ligawedstryde wat oor twee dae op die blou astro beslis is, het Plasieland se hokkiespanne behoorlik die hokkiestokke hoog gehou teen die spanne van Hoërskool Ben Vorster.

Die dogtershokkiewedstryde het op 16 Mei plaasgevind. Die bloues se gees, op en van die baan, was aansteeklik en het al die Plasie spanne behoorlik ‘n hond uit ‘n bos gespeel, met welverdiende wentellings vir elke span. Die o14A’s wen 2-0 en die speler van die wedstryd was Amelie Pretorius.

Die o15A’s wen 2-0 en speler van die wedstryd was Kea Kganyago. Die o16A’s wen 2-1 en die spelers van die wedstryd was Jané Auret en Koena Malatji. Die eerstespan wen 2-0 en die spelers van die wedstryd was Lané Kasselman, Lara Leicester, Zoë Malherbe en Larike Joubert.

Lees ook: Aron a Limpopo MTB champion yet again

Die seunspanne het op 19 Mei hul beurt gehad om sake teen die Vossies uit te spook. Die o14A’s wen 7-0. Jaimie de Carvalho het vyf van die doele aangeteken en dra welverdiend die titel van man van die wedstryd.

Dewaldt Vosloo het vir die eerstespan ‘n puik doel aangeteken deur die bal terug in die doelhok te stuur, nadat dit vanaf die doelwagter gekom het. Die eerstspanne speel gelykop 1-1. Die o16A’s verloor 1-4 in ‘n taai wedstryd teen die Vossies.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button