Local sportSport

Phalaborwa se sterkstes wen kroon

Ziamay Malan en CC Winnertz het onlangs goud gevat by die King & Queen of the Bushveld Crossfitkompetisie wat in Polokwane gehou is.

Die kompetisie is oor twee dae by die Ranch Resort beslis en is bekend as een van die taaiste kompetisies wat deelnemers se fiksheid en krag toets. Malan en Winnertz het onder die spannaam, Gen Z in die elitekategorie deelgeneem en het algehele eersteplek behaal. Hulle wen sodoende prysgeld van R12 000. “Ons het goed gevaar in die afdelings waar krag ‘n bepalende faktor is, soos in die ‘lifting’,” vertel Malan.

Hulle vaar goed in die ‘burpee shuttles’ en roeiafdeling en vat eersteplek in die bytvas-afdeling. Malan sorg dat sy tweedeplek in die ‘snatch ladder’-kompetisie vat en Winnert vat eersteplek in die ‘snatch ladder’ se mansafdeling. Gen Z vat ook eersteplek in die ‘controlled chaos’-kompetisie en wys hulle staal deur eersteplek in die eindronde oortuigend met 780 punte te wen. Die Howling Commandosspan vat tweedeplek met 738 punte en Team Bowhere vat derdeplek met 722 punte.

Lees ook: Ryers blinkin die epic

Winnertz sal ook binnekort weer in aksie wees in ‘n ander kompetisie se halfeindronde. In die beginnerskategorie het Carla Simpson en Ewald Meiring ook as span ingeskryf en behaal ‘n algehele derdeplek met 674 punte.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button