Local sportSport

Sportklubs genooi na Familie Dag

Die gewilde Familie Dag is vanjaar terug en sal op 1 Mei by die Tzaneen Skougronde plaasvind.

Smit & Kie Makelaars en die Letaba Tzaneen Lions-klub bied die geleentheid aan en nooi graag plaaslike sportklubs om deel te wees van die pret. Koos Smit en Nadine du Plessis van Smit & Kie Makelaars stel ‘n kontantbedrag beskikbaar aan elke sportklub om kostes te dek en die sport ten toon te stel vir die Tzaneense gemeenskap. Hulle sal ook hemde gee vir die deelnemers en aanbieders van die Familie Dag.

In die verlede het tot 4500 feesgangers die geleentheid bygewoon. Daar word onder andere ‘n talentkompetisie, babakompetisie, bulletjierugby, trompoppies en heerlike pret vir die jongspan met ‘n glybaan beplan. “Ons gee ‘n kontantbedrag vir die sportklub en hulle reël ‘n kompetisie vir die Familie Dag. Inskrywingsfooie vir die klub se kompetisie gaan aan die klub. Ons wil graag ‘n lys met T-hemp groottes hê en natuurlik koppe bymekaar sit om die verloop van die dag se geleenthede te beplan,” verduidelik Nadine.

Lees ook: Ebenezer mile a success

Die Bosveld Wildbewarings- en Jagtersvereniging, Tzaneen-marathonklub, Letaba-rugbyklub, Tzaneen-veerpyltjieklub, boksklub, Zanis Gimnastiek Akademie, tennisklub, Limpopo-rolbal, Tzaneenfietrsryklub, plaaslike gimnasiums en Fairview-gholfklub is reeds betrokke by die geleentheid. Plaaslike besighede kan ook hulle dienste ten toon stel. “Van die besighede sal verwag word om ‘n pret geleentheid of ‘n kompetisie aan te bied wat besoekers sal lok..

“Pryse sal uitgedeel word vir die volgende afdelings: Die besigheid met die mees kreatiewe en prettige fondsinsamelingsprojek, die besigheid wat die meeste geld insamel vir liefdadigheid en die besigheid met die meeste gees,” sê Nadine. Die Familie Dag sal ten bate van die Helpende Hand-studiefonds, SAVF Tzaneen en Goue Jare-bejaardesorg aangebied word. Ingangsfooie sal R30 vir volwassenes wees, R20 vir skoliere en gratis vir kinders onder 6 jaar.

Lees ook: Triathletes enjoy a rainy Wik at SLC

Diegene wat belang stel om kosstalletjies by die fees te bedryf, kan by die organiseerders aansoek doen. Die aansoeke vir kosstalletjies is onderhewig aan goedkeuring van die organiseerders. Skakel Gericke du Plessis van Smit & Kie Makelaars 082 442 5473 of e-pos gericke@ smitk.co.za om deel te wees van die dag en vir meer besonderhede.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button