Rolbalspanne veg tot top 12

Drie spanne van Duiwelskloof Rolbalklub het die afgelope naweek deurgedring om in Polokwane aan die Limpopo gemengde vieretoernooi deel te neem.

Die uitdunne het by dié klub op Modjadjiskloof plaasgevind met spanne van Tzaneen, Polokwane, Makhado Weermag, Louis Trichardt Dorp, Marble Hall en Hoedspruit wat sake uitgespook het vir plek in die top 12 van die toernooi. Van Duiwelskloof Rolbalklub het Zane Fanie en spanlede, Damien Stefaans, Tjokkie von Straate en Hendrik van der Linden deurgedring.

Lees ook: Rolbalklub spog met beste spelers

Fanie Cronjé se span met Ampie Greyling, Leslie Klopper en Beate Altenroxel het ook gesorg dat hulle die naweek in Polokwane kan meeding vir die titel. Louw Swanepoel en sy spanlede, Deidre Sauer, Rynier de Jager en Uwe Sauer is ook deel van die top 12-spanne van die toernooi. Die drie spanne van Duiwelskloof Rolbalklub sal saam met vyf spanne van Polokwane Rolbalklub, twee spanne van Louis Trichardt Dorp Rolbalkub asook spanne van Hoedspruit en Marble Hall in aksie wees die naweek.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version