HOEDSPRUIT: Rugbydag een vir die boeke

As iemand nog wonder oor die suksesvolle integrasie van rugby moes hulle Saterdag daar gewees het

Verlede Saterdag sal in die annale van rugby in die Bosveld onthou word vir drie dinge:

‘n Uiters suksesvolle Rugbydag met 10 wedstryde en 20 spanne om die 75ste bestaansjaar van die Bosveld Pumbas Rugbyklub te vier, ‘n feestelike atmosfeer wat geskep is deur die groot aantal toeskouers van die omgewing wat dit ondersteun het en ‘n trietsige reentjie wat die hele dag gepoog het om die rugby te bederf en die gees te demp – en nooit daarin geslaag het nie.

Die bestuur van die Bosveld Pumbas, en Romeo “Pappa Joe” Jones en Naas du Plessis in besonder, verdien ‘n groot pluimpie vir die puik reelings, goeie rugby en feestelike atmosfeer wat spanne van sover as Swaziland gelok het om deel te neem.

Die uitslae van die wedstryde is onbelangrik en sal baie vinniger vergeet word as die rits positiewe dinge wat die dag gekenmerk het.

As iemand nog wonder oor die suksesvolle integrasie van rugby moes hulle Saterdag daar gewees het. Die speelveld, toeskouers en beamptes was ‘n spieelbeeld van ons land se Reenboognasie wat almal ‘n liefde vir die spel deel en daar was om die dag te geniet.

Die bestuur van die Bosveld Pumbas het ‘n spesiale word van dank aan hul borge gerig wat die span met hul 75ste feesvieringe sowel as vir die komende seisoen ondersteun.

LEES: HOEDSPRUIT: Pumbas did not take a rain-check

Hulle is:

Buco, Old Mutual, Dunlop Zone, Lowveld Meat Market, Agrichem, Spar, Melodies, Rudamans, Debonairs/Steers, Voltex, African Dawn Safaris, Tops, JSW, Pronics en Ntt Toyota.

Die volledige uitslae vir die dag is as volg:

Pumbas 3 54-0 Swaziland Cheetahs

Pumbas 2 15-14 Komatipoort 1

Witrivier 3 7-17 Louis Trichardt 3

Nelspruit 2 5-35 Louis Trichardt 2

Ohrigstad Ratels 22-15 Letaba 2

Witrivier 2 20-0 Malelane 1

Nelspruit1 42-12 Potties

Lydenburg Rooikatte 1 0-35 Louis Trichardt 1

Letaba 1 13-12 Pumbas 1

Witrivier 1 19-7 Noordlikes 1

Die Speler van die Wedstryd in volgorde van bg. wedstryde was as volg:

  1. Andries Scholtz Stut van Pumbas
  2. Mzwandile Hadebe Flank van Pumbas
  3.  Tony Monageni Heelagter van Ltt
  4. Nyasha Tshikoni Vleuel van Ltt
  5. Michael Botes Stut van Ratels
  6. Daniel Austin Slot van witrivier
  7. Lukas de Kock Senter van Nelspriut
  8. AC Geldenhuys Loskakel van Ltt 9.
  9. Bennie Stemmet Senter van Pumbas
  10. Sylvester Seseane Skrumskakel van Witrivier
Exit mobile version