Local sportSport

Kolskote klap tydens BJV se jaarlikse groeperingskietdag

Bosveld Jagters-en Wildbewaringsvereniging, Letaba Tak, het weereens hul self oortref met die aanbieding van hul jaarlikse groeperingskietdag wat plaasgevind het op 13 Oktober.

Pryse van meer as R100 000 was op die spel.

Skuts van wyd en syd het hul vernuf op die proef kom stel in reënerige weer, waar daar na meer as ‘n 1000 teikens geskiet is. By die 100m Ope Klas Groepering (drie skote op een teiken) was die kompetisie straf, individuele groeperings van so klein as 0.70mm is geskiet, maar skuts is beoordeel op die beste twee teikens.

Aan die einde van die dag het Andre Jonker geseëvier met ‘n groepering van 3.40mm.

Die verskil tussen 1ste en 10de plek was ‘n skrale 2.28mm! Oop Visier oor afstand van 100m is gewen deur Ampie du Toit met ‘n groepering van 30.24mm.

Hy wys waar Dawid die wortels gegrawe het by die Staande Sonder Rus 50m Afdeling en wen met ‘n groepering van 16.15mm By die .22 Geweer Afdeling maak Martin Geldenhuys skoonskip met ‘n groepering van 3.22mm by die seniors. By die Juniors klop Aldo Roos, (net 10 jaar oud), almal onder 18 jaar met ‘n groepering van 4.95mm!

Die .22 Handwapen word gewen deur Alwin Fleischmann met 16.95mm en die Handwapen Senterslag word gewen deur Raymond Dando met ‘n 19.89mm groepering. Philip Robinson, die Voorsitter van BJV Letaba Tak, bedank almal wat betrokke was met die voorbereiding, reelings en hantering van aktiwiteite voor, tydens en na die skietdag.

“Besonderse dank aan al die borge wat die dag moontlik gemaak het.

Sonder jul ondersteuning sou dit onmoontlik gewees het om ‘n suksesvolle kompetisie aan te bied.” (Lys van borge sal in ‘n latere uitgawe gepubliseer word).

Persone wat belangstel in meer inligting van Bosveld Jagters-en Wildbewaringsverening kan die kantoor skakel op 071 871 4710.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button