Letaba Rugby 7’s span sê dankie

Letaba Rugby Klub 7’s bedank Best Drive Tzaneen vir die borg van hul rugby truie vir die opkomende seisoen.

Letaba se 7’s span het vroeër die jaar aan die South Coast 7’s toernooi deelgeneem. Daar was 25 spanne en Letaba het agste gekom.

Dis ‘n goeie prestasie aangesien dit profesionele spelers is wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Daarna het Letaba aan die Loskop 7’s dag deelgeneem en as wenners uit die stryd getree.

Letaba sien uit na die 7’s seisoen wat eersdaags weer afskop.

Die span wil ook graag die volgende instansies bedank vir hulle borge en donasies: Extreme Atv’s – Jaco Moller, Letsitele Tyres – Lukas Botha, Afri Frames – Jasper Diederiks, Ntt GM Tzaneen – Marco Lottering, FuelX – Francois de Preez en Sprayrite – Wikus Swart.

Exit mobile version