Limpopo vroue oorheers padwedloop

Atlete van oor die hele Limpopo en ander provinsies het Saterdag aan die Tzaneen Lifestyle Spring Opener padwedloop deelgeneem.

Meer as 400 deelnemers het hulle uithouvermoë teen die bulte in en om Tzaneen getoets oor afstande van 5km, 10km en 21,1km.

Die atlete het die wedloop as uitdagend gevind met moeiliker asook vinniger dele op die verskillende roetes.

Anders as verlede jaar, toe deurdringende reën uitgesak het, was die weer ideaal.

Wenners van beide die 10km en 21,1km vir mans, is van Gauteng afkomstig, terwyl Limpopo die vroue afdelings gedomineer het.

Phuti Mohale, verlede jaar se wenner, het sy titel verdedig, maar moes die stryd gewonne gee teen die vinniger pas van Tlhou Pheu van Bedfordview, wat van begin tot einde voor gehardloop het.

Sy wentyd van 1:10:51 was ongeveer 22 sekondes stadiger as verlede jaar en meer as ‘n minuut en ‘n half vinniger as die van Mohale.

Die vroue afdeling is gedomineer deur Joyce Netshifhefhe van Polokwane binne ‘n tyd van 1:35:09.

Die klub bedank BB Motors, Lifestyle Centre and Panarotti’s, hulle hoofborge vir die wedloop, terwyl Total Tzaneen, Wimpy, Van Heerdens Apteek en PNA ook tot die sukses van die wedloop bygedra het.

Verskeie besighede het waterpunte beman en die klub bedank hulle ook vir hulle aandeel tot die sukses van die wedloop.

Die Verkeers departement van GTM het seker gemaak dat die atlete onder veilige omstandighede kon deelneem.

Exit mobile version