Local sportSport

Letaba pak Potties Saterdag op tuisveld

Letaba speel die naweek vir die laaste keer in 2016 tuis teen die onoorwonne Potties.

Dit is egter Potties se eerste keer in baie jare langs die Letaba rivier.

Hoewel Letaba met al drie sy spanne pakslae gekry het twee weke gelede teen Noordelikes in Polokwane, bly hierdie klub ‘n moeilike neut om tuis te kraak.

Die ander klubs is dit eens, jy het nog nie in die Boet Fick gespeel as jy nie op Tzaneen rugby gespeel het nie.

Al die manne lyk beseringsvry en slaggereed.

Die afgelope naweek was teleurstellend toe Univen en Musina onttrek het en verkies het om punte testuur inplaas daarvan om Letaba in Tzaneen te pak.

Die wedstryde teen Potties begin Saterdag middag 16:00 op die skougronde en die eerstespan sal so net na 17:00 opdrag om sy staal tewys.

Die klub het almal se ondersteuning die naweek nodig en is in die pylvlak van die liga

Related Articles

Back to top button