Local sportSport

Letaba Bosvarke trap UNILIM

Die besliste leierskap van Christo "Piesang" Lombard het die deurslag gegee Saterdagmiddag in seker een van die belangrikste wedstryde vir die Letaba Bosvarke dié seisoen.

In die Limpopo se tweede liga formaat van 2016 is daar heel party 1ste spanne van klubs betrokke en die Universiteit van Limpopo is juis een van hierdie spanne.

Unilim het voor Saterdag net een verloor vir die seisoen uit 7 wedstryde tot dusver gehad en dit was teen die sterk span van Dendron ook ‘n eerste span van ‘n klub en die voorloper in die liga.

Unilim het eerste gaan druk en ook die drie verdoel.

Dit is al ‘n gewoonte van die jong turke van Letaba om nie beste gee nie en met verdediging uit die boonste rakke, het die Bosvarke begin terugveg soos nog nooit tevore nie.

Die manne in die voorhoede, met Marco van de Venter die 19 jarige oud Vossie aan die voorpunt, het die beheer geneem en die een na die ander briljante duikslag uitgevoer.

Surprise Monjela het ook nooit opgegee nie en keer op keer omgekeerde besit bewerstellig.

Die skuif van Wentzel Geldenhuys na sy nuwe posisie van agsteman het vrugte afgewerp en dit sal sekerlik hier wees waar hy die res van sy seisoen sal deurbring en die 1ste span is beslis ‘n opsie vir hom gedurende die jaar.

JJ Gallagar, die man van oorkant die groot water “Engeland,” het nou sy voete gevind en ‘n afgeronde vertoning op heelagter gelewer wat hom sekerlik ‘n kans in die eerste span teen Louis Trigardt gaan laat kry die komende naweek.

Hy het net voor halftyd vir die Bosvarke se eerste drie in die regter kanste hoekie deurgegaan en met slim spel omgeglip om onder die pale te gaan druk en self verdoel, om die halftyd telling 7 elk te maak.

Halftyd was daar hard en duidelik kajuitraad gehou en die manne was nog meer gefokus as in die 1ste helfte.

JP O’Connel, wat na ‘n lang afwesigheid van sy ernstige knie besering vir die eerste keer gespeel het, het na halftyd gaan rus en Slang Sibanda het hom vervang met Devon Robson wat Heinrich Helm vervang het.

Dit het Piesang op die buite-senter laat plek inneem met altwee die senters van die veld af. Piesang was soos van ouds kwiksilwer en bitter gevaarlik as hy die bal in die hande gekry het.

Hy het sommer ook Unilim se gevaarlike buitesenter stil gespeel met ‘n prag drie in die linkerkantste hoekie.

Die Engelsman het gewys hy kan ook vanuit die hoekie oorskop en die telling was 14 nul. Unilim wou nie gaan lê nie en die Bosvarke moes wal gooi vir alles wat hulle werd was.

Die selfvertroue was hoog en JJ Gallagar het weer eens gewys daar is niks met sy skopvoet verkeerd nie toe hy kort duskant die halflyn pale toe aangelê het en nog 3 punte by gevoeg het om die Bosvarke 17-7 te laat voorloop, ook die eindtelling.

Dit was egter hier aan die einde van die wedstryd dat Marko van de Venter, die man van die wedstryd, gewys het hoekom hy so hoog geag word in Letaba Rugby Klub.

Unilim het alles in die stryd gewerp om te gaan druk en was oppad om onder die pale te gaan druk toe Marko besluit het dit is nou fluit, fluit die storie is uit.

Hy het die wedstryd beëindig met ‘n monumentale plettervat op Unilim se Kaptein.

Die skeidsregter het sommer die eindfluitjie daar en dan geblaas.

Die mane het klaar kringetjie gemaak en dankie gese toe die man van Unilim eers orent kon kom.

Dit was ‘n puik wen, maar die naweek wag die sterk span van Dendron vir die Bosvarke op Letaba se gronde en die uitdaging is groot.

Dendron hoort in die eerste liga en is nog onoorwonne.

Die hoofafrigter van Letaba glo egter hy is nie so seker dat Letaba se eerstespan so maklik die Bosvarke sal klop nie en hulle is heelwat beter as Dendron. Letaba 1 –Bosbokke speel teen Louis Trigardt en met ‘n wen kan Letaba weer terug wees in die prentjie met ‘n tuis semi-finaal later in die seisoen.

Die derdespan, die Hippos, sal Saterdagmiddag se rugby om 15:30 begin en is in die skuld nadat hulle Saterdag 12-7 verloor het in ‘n wedstryd wat hulle sekerlik kon gewen het as hulle die selfde durf as die Bosvarke aan die dag gelê het. Dan is dit die Bosvarke wat sal volg met die eerstes so net na 18:00.

Die stryd teen Louis Trichardt is altyd kliphard en die is een is een van die heel grotes van die seisoen.

Related Articles

Back to top button