Atlete hardloop Comrades om SAVF te ondersteun

Drie plaaslike atlete, Paul Zaayman, Anel Swart en Shirley Stewart gaan vanjaar ten bate van die SAVF Tzaneen die Comrades hardloop.

Hulle sal op 29 Mei aan die 91ste Comrades Marathon deelneem saam met 20 000 ander atlete.

Die uitmergelende 90km roete begin vanjaar in Pietermaritzburg en eindig in Durban en die atlete het slegs 12 ure om die marathon te voltooi.

Die SAVF doen hiermee ‘n beroep op die gemeenskap van Tzaneen om die atlete se harde werk, ure en ure se voorbereiding en oefening, hul deursettingsvermoë en onbaatsugtige verbintenis tot die SAVF te ondersteun deur ‘n ruimhartige donasie of borgskap te maak tot hulle wedloop.

Dit kan in die vorm van ‘n eenmalige donasie wees of die wedloop kan per kilometer geborg word.

Skakel die kantoor van die SAVF vir enige verdere inligting op (015) 307 2645, of stuur ‘n e-pos: savftzn@telkomsa.net / lidellbotha@gmail.com

Exit mobile version