Bosvarke troef Phala

Letaba Rugby Klub se eerstespan het Saterdag in 'n harde wedstryd daarin geslaag om die span van Phalaborwa met 16-11 te klop.

Letaba Rugby Klub se eerstespan het Saterdag in ‘n harde wedstryd daarin geslaag om die span van Phalaborwa met 16-11 te klop.

?n Paar ou bekendes, wat voorheen vir Letaba se eestes gespeel het, sommige selfs verlede jaar nog, het so amper Saterdagmiddag sake versuur vir die Bosvarke.

Die losskakel en die buitesenter van Letaba se eerste span in die semi-finale van 2015, Marco Bezuidenhout en Reply Nyati, saam met Patrick Oosthuizen, die no 6 flank, het die middag hard gemaak vir die Bosvarke.

Dit is weereens net ‘n duidelike bewys hoe gesond Letaba Rugby Klub is met sy enorme diepte. Die Voorsitter en afrigter Sterre is dit eens.

“Dié is die nuwe spog klub in Limpopo en almal in die kontrei moet nou net saamspan agter die jong manne van die Laeveld.

Die Bosvarke glo hulle is bederf by Letaba, met die harde werk wat Andre Hay en Hein Wagner van Ben Voster oor die jare gedoen het.

Ons moet ook net nie dink dat die manne van Merensky kort skiet hier nie, daar is ‘n swetterjoel talentvolle spelers wat uit die Plasies afkomstig is en dit is die lekkerste van als.

Hier waar die ou groot seekoei kom wei, is Ben Voster en Merensky kinders bloedbroers.

Dit is in die tweede helfte van die seisoen wat die koring van die kaf geskei word en die komende naweek is dit Loskop wat 17h00 Saterdag middag op Tzaneen se skougronde uitdraf om die gevreesde Bosvarke aan te vat.

Letaba is ook baie trots op een van hulle eie ontwikkeling manne by die klub – Coach Brayn Masigo wat in die derdes en tweedes gespeel het en nou die Hippos ( die derdes afrig).

Hy is aangewys as die hulp afrigter van die onder-16 meisies van Limpopo rugby en is dan ook die hoof-afrigter van die dames sewes span wat in die B-afdeling van die vroue Currie Beker speel.

Dit is ook nie al nie – Josef Monyela, wat in 2011 by die derdes begin speel het en self hierdie jaar vir die eerstespan op regter vleuel uitgedraf het.

Hy studeer nou in Mpumalanga menslike hulpbronne bestuur aan die FET – college in Machado – Dorp en is dan ook gekies vir die Pumas se ontwikkeling span.

Die bestuur van die klub is baie trots op die twee en wens hulle geluk.

Die droom is om in 2016 met aldrie die klub se spanne in die finale te prestreer en Bosvarke wat gelei word deur Christo Lombard moes hard veg Saterdag om te keer dat hierdie droom ontspoor.

Mens raak algewoond dat die manne van Letaba ?n barshou skrum en die naweek was geen uitsondering nie.

Dit is ook hoe Letaba se eerste punte op die bord gekom het.

Chris de Klerk die skeidsregter het na seker 20 minute uiteindelik ‘n welverdiende strafskop aan die Bosvarke toegeken toe hulle met Phalaborwa se skrum geloop het asof dit ‘n dryfmaal beweging was.

Vlooi – dis nou Leunis van Rooyen , het die strafskop tussen die pale deurgejaag.

Kort hierna het die jongeling, die haker Jason Viljoen, gaan druk en Vlooi kon nie vervyf nie.

Agt-nul was die teling.

Oud maar nog lank nie vergete en koud nie – Sven Haddin het gaan druk om die telling tot op 11- 0 te bring.

Phalaborwa het ‘n langafstand strafskop deur die pale gejaag en halftyd was dit 11-3.

Die beleid by Letaba is dat almal op die bank moet speel net soos in super-rugby en 7 van die 8 spelers het dan ook speelkans gekry wat die ritme ook in die tweede helfte versteur het.

Dit is iets nuuts vir die klub en die spelers moet nog leer aanpas hierby sonder om hul momentum elke keer te verloor.

Vlooi het in die tweede helfte met nog ‘n strafskop geslaag , maar Phalaborwa het nie moed opgegee nie.

Hulle speler van die wedstryd, Reply Nyati, het prag rugby gespeel en dit is jammer dat hy in die tweede liga speel, hy is beloon met ‘n onverdoelde drie vir sy harde werk reg deur die wedstryd.

Marno Bezuidenhout, Phalaborwa se losskakel, het sy span laat nader kruip met nog n strafskop wat die eint telling op 16 – 11 te staan laat kom het.

Die man van die wedstryd het n prag medalje huistoe gevat en dit was niemand anders as Frederik van Niekerk nie.

Dit was sy tweede wedstryd vir die Bosvarke en hy kan sekerlik nie baie lank meer uit die uitsoek groep van Letaba weggelaat word nie.

Inwoners van Tzaneen en ondersteuners van die Bosvarke word herinner dat Loskop hierdie naweek by die skougronde vir die Bosvarke wag. Afskop is 17:00.

Exit mobile version