Local sportSport

Letaba Bosvarke wen taai stryd

In 'n epiese stryd tussen Letaba se Bosvarke en Phalaborwa 1 het die manne van Letaba end uit volgehou en met 13 – 7 gewen.

JP Vermeulen het die telbord aan die rol gekry met ‘n lang afstand strafskop vanaf sy halflyn, om die Bosvarke met 3 punte voor te laat loop.

Kort hierna het Marnu van Wyk, die heelagter, in die hoek oorgegaan om skitterende spel af te rond met ‘n drie, Oudergewoonte het die betroubare skopvoet van JP uit die hoekie uit raak gekorrel en was die telling 10- 0.

Dit was danksy ‘n Goudini laagvat van Joseph Monjela, dat die gevaarlike linkervleuel van Phallies met ‘n oop doellyn by die kantlyn uitgeboender is.

Dit het luide applous van al die toeskouers gekry en selfs trane en hoendervleis by die afrigter veroorsaak.

In die tweede helfte het Phalaborwa met mening terug gekom.

Hulle het een keer onder die pale gaan druk en die drie is dan ook deur verlede jaar se 1ste span losskakel van Letaba, Marnu Bezuidenhout, verdoel.

Dit was net vreeslose verdediging deur die Bosvarke as ‘n eenheid met die man van die wedstryd, Jason Viljoen, aan die voorpunt. Uitstekende Lynstaanwerk deur Phanule Nkuna het ook gehelp om die Bosvarke te laat walgooi.

Daar moet ook melding gemaak word van die manne se kaptein, Henke Niemand, wat wedstryd na wedstryd kalm bly en die manne bymekaar hou en ‘n voorbeeld is van ‘n goeie leier.

JP Vermeulen het dan ook soos ons, van hom gewoond is, die laaste sê gehad met nog ‘n puik strafskop van die tien tree lyn af, om die laaste 3 punte by te voeg.

Die Bosvarke verdedig vreesloos en speel met oorgawe en die manne in die eerste span van Letaba wat nog segeloos is in 2016 moet die boodskap en uitdaging aanvaar dat hulle plekke in gevaar is as die manne so aangaan.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button