Nuwe rugby seisoen skop af

Letaba Rugby Klub het in 2015 agt spelers in die Limpopo Senior Amateur span gehad. Met die Boet Fick Liga wat die naweek (18 Maart) afskop, hoop Letaba om die jaar 'n beter seisoen te hê.

Letaba het al vroeg in die jaar begin met voorbereiding vir die seisoen.

Daar is heelwat nuwe gesigte die jaar en Letaba is veral baie trots om so baie jong spelers te verwelkom. Letaba wil ook net dankie se aan Ben Voster en Merensky wat vele talent na die klub stuur. Letaba verwelkom ook vir Johannes Seerane by die klub en weet hy sal n groot aanwins wees vir Letaba. Die klub wil ook net vir Letsitele verwelkom wat Letaba 3 sal verteenwoordig in die Liga.

Met die kies van nuwe bestuurslede vir 2016 is Letaba besig om die beeld van die Klub te verbeter. Letaba wil vir die gemeenskap bedank vir die ondersteuning deur al die jare en hoop om meer toeskouer by hulle tuiswedstryde te sien in die toekoms.

Die klub oefen Maandae,Dinsdae en Donderdae om 18:00 by die skou gronde vir enige nuwe spelers wat wil kom speel

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version