Local sportSport

Langsems draf Kaapsehoop kaf

Drie atlete van LéClub het op 2 November die taai maar asemrowende Rudamanns/Powerade Kaapsehoop marathon in Nelspruit aangedurf.

DRIE atlete van LéClub het op 2 November die taai maar asemrowende Rudamanns/Powerade Kaapsehoop marathon in Nelspruit aangedurf.

Die 3-in-1 marathon is aangedurf deur Zelda Katzke, Erika Human en Erika MacConell.

Al drie het ook gekwalifiseer om aan die Comrades en Two Oceans marathons deel te neem.

Die langasems het die 42,2 km afdeling deelgeneem.

Kaapsehoop is sowat 25km van Nelspruit en die marathon eindig dan ook in die Mbombela stadium.

Daar is verskeie bedreigde voëlspesies en duisende voëlliefhebbers sak jaarliks toe op Kaapsehoop.

Mense kom ook om hulle aan die Kaapsehoop se wildeperde te verwonder.

Die Rudamans Kaapse 3-in-1 maraton word alom as taai beskryf maar die mooi afdraand roete van 42.2km begin in die mistige heuwels van Kaapsehoop en kronkel tot in Nelspruit. Die Maraton is ‘n kwalifiserende wedloop vir die Comrades en die Two Oceans.

Buiten vir die langasems is daar ook ‘n 21km en 10km roete.

LéClub kan trots wees op die drie atlete.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button