Sport

Letaba Rugbyklub se manne in aksie op Loftus

Letaba Rugbyklub spelers het die afgelope twee weke vir Limpopo landelike spanne gespeel, sommiges met die eer om op Loftes Versfeld te speel.

TZANEEN – Letaba Rugbyklub se spelers het die afgelope twee naweke vir Limpopo-plattelandspanne uitgedraf.

Verlede naweek het Du Toit Hartzenberg, Jean Pretorius en Juan Jacques Joubert teen Noord-Transvaal se plattelandspan gespeel. Limpopo het die wedstryd met 50-42 op Loftus Versfeld in ‘n voorwedstryd vir die Blue Bulls in die URC-toernooi beklink.

“Dit was ‘n groot eer vir die drie manne om vir die eerste keer in hul lewens op Loftus Versfeld uit te draf,” sê Dippies de Beer.

Saterdag het Letaba se manne in ‘n wedstryd tussen Limpopo-platteland se Noord- en Suid-spanne uitgedraf. Carel O’Neill, Brad Altona, Du Toit Hartzenberg, Nathan van den Heever en Juan Jacques Joubert het in die wedstryd gespeel.

Ongelukkig moes die Noorde die knie buig en het Suidstreek die kragmeting met 32-29 beklink.

Klubrugbyondersteuners kan ook 19 Oktober op hul kalenders aanbring vir die jaarlikse Jongmanne vs Oumanne-rugbywedstryd op Letaba Park.

Die dag se pret begin om 08:00 met sewesrugby vir plaaslike laerskoolspanne. Om 16:00 draf Merensky Landbou Akademie se Witspan teen die Blouspan uit en om 18:00 skop die wedstryd tussen die Jongmanne en die Oumanne af.

Letaba Rugbyklub hou ook op 26 Oktober hul algemene jaarvergadering en jaareindfunksie met Chilliboy Ralepelle as spreker.

“Almal is welkom om die jaarvergadering by te woon. Die jaareindfunksie is ‘n semiformele geleentheid. Kaartjies is by die bestuur van die klub beskikbaar,” sê De Beer.

Vir kaartjies en om te bespreek, skakel Joline van der Schyff by 083 457 1422 of Marieta van Wyk by 076 450 4449.

Skakel Dippies de Beer by 073 156 8126 of Bennie Kruger by 083 635 1731 om die algemene jaarvergadering by te woon.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tanaiya Lees

"Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button