Tzaneeners gekies vir Limpopo-veerpyltjiespan

Tzaneen se beste veerpyltjiespelers is onlangs gekies om Limpopo te verteenwoordig in Bloemfontein by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Junie.

Die eerste Limpopoproewe was op 27 Januarie op Naboomspruit gehou waarna die tweede en laaste proewe by die Skaapkraal op Tzaneen plaasgevind het.

Dawid Herbst, Trevor Voster, Attie Möller, Marius Ludick en Raymond Bagnall (spanbestuurder).

Dawid Herbst, Trevor Voster, Attie Möller en Marius Ludick is gekies vir die mansmeesterspan met Raymond Bagnall as spanbestuurder. Elien Wessels, Laurette Marais, Lindi Voster en Anne Van Dyk is gekies vir die Limpopo-vrouemeesterspan met Danie Louw as spanbestuurder.

Lees ook: Roumen Farms wins bowls league

Tinus Jacobs, Johan Cornelius, Johan Oosthuizen, Pieter Grobler, Wayne Botes en Chris Rae sal die senior Limpopomansspan verteenwoordig. Wally Baker is die span se spanbestuurder.

Karin Prinsloo, Elaine Croukamp, Leonora van der Klashorst, Talita van der Klashorst, Denise Van Rooyen en Leanne Botes is vir die senior Limpopo-vrouespan gekies met Dané Cornelius as spanbestuurder.

Exit mobile version