Sport

Bergfietsers laat speke sing by Mango Mania

Phalaborwa se bergfietsryers het die afgelope naweek na Hoedspruit gereis vir die Mango Maniabergfietsuitdaging.

Aron van den Borre, ‘n bergfietsryer van Kingfischer Private School het die 15km-roete in ‘n rekordtyd van 35:40.3 voltooi. “Hierdie is die laaste jaar wat Aron aan die 15km-resies deelneem voor hy volgende jaar die 35kmroetes kan aanpak.” Volgens sy ma, Shirlene, het hy al ten minste vier keer aan die Mango Maniabergfietswedren deelgeneem.

Musa Chauke en Kgogelo Monyela, ook van Kingfischer Private School, het tweede plek en 13de plek, onderskeidelik behaal. Ido Peatzold vat derde plek in die 15km-resies. Jordana Morgan wen die vroueafdeling met Nelda Strijdom (o/12) in tweede plek. Anika Volgraaff is in die derde plek. Marlize Shields wen die o/10- meisiesafdeling en Logan de Greave wen die seunsafdeling.

Op die 35km-roete het Henro van der Walt koning gekraai met ‘n wentyd van 1:11:02.6. Hy wen ook die seunsjeugafdeling. Gordon Noel is in die tweede plek en wen die junior seunsafdeling. Waldo Strijdom vat die derde plek. Marlo van der Walt wen die sub-junior seunsafdeling in 1:26:32.9. Chantelle Gouws wen die vroueafdeling en die meisiesjeugafdeling.

Lees ook: Aron a Limpopo MTB champion yet again

Dané Strijdom vat tweede plek en Anke Rood vat derde plek. Rood wen ook die junior meisiesafdeling. Elané Visser wen die subjunior meisiesafdeling met Kristen Thompson in tweede plek en Ilana Lubbe in derde plek. André van Deventer wen die elitemansafdeling en Rohan Beukes wen die subveteraanmansafdeling.

Tammy Trueman is die eerste subveteraan oor die eindstreep in die vroueafdeling en Soretha Lubbe wen die vroueveteraanafdeling. Kayden Venter wen die elitevroueafdeling en Marinda Venter wen die vrouemeestersafdeling en Andra Thompson wen die grootmeesterafdeling. Christo du Plessis wen die veteraanmansafdeling en Werner Visagie wen die meestermansafdeling.

Piet Enslin wen die grootmeesterafdeling. Werner Malan wen die e-fietswedren en Esmé van der Schyff wen die vroueafdeling. Komborero Bere is eerste oor die eindstreep in die 70km-wedren. Hy voltooi die roete in 2:24:18.7 en wen ook die elitemansafdeling. Marx Dunne is in die algehele tweede plek en wen ook die meestermansafdeling.

Janco Peens is in die algehele derde plek. Pierette Labuschagne is die eerste vrou oor die eindstreep met ‘n tyd van 2:54:06.3. Sy wen ook sodoende die vrouemeestersafdeling. Elsa de Beer is in die tweede plek en wen ook die vroueveteraanafdeling. Chantal Weyers vat die algehele derde plek en wen die subveteraansafdeling.

Charné Bruce wen die elitevroueafdeling en Hannes Malan wen die subveteraanmansafdeling. Bill Noel wen die veteraanmansafdeling. Stuart Woodhead vat eerste plek in die e-fietsresies.

Related Articles

 
Back to top button