Sport

Tzaneen swemmers vaar goed in Mbombela

Sewe swemmers van Tzaneen Amateur Swemklub (TASK) het op 26 Augustus Limpopo verteenwoordig by die interprovinsiale gala in Mbombela.

Anru Schalekamp wen twee goue medaljes in die 200m-vryslagaflos en in die 200m-wisselslagaflos. Hy vat ook ‘n bronsmedalje in die 50m-borsslag en sesdeplek in die 50m-vryslag.
Miané van Veelend wen ‘n goue medalje in die 200m-wisselsagaflos en vat vierdepek in die 100m-borsslag.

Lees ook: Shamu se swemspanne vat eersteplek by Limpopo-swemkampioenskappe

Carmé Louw wen ‘n silwermedalje in die 200m-vryslag aflos en vat derdeplek in die 100m-borsslag. Sy neem ook sesdeplek in die 100m-vryslag.
Yulinke Haynes neem sesdeplek in die 100m-rugslag.

Leah Stewart vat vierdeplek in die 100m-vlinderslag en vyfdeplek in die 200m-individuele wisselslag,
Simoné Schonken vat sesdeplek in die 100m-borsslag.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button