Plasie-ruiters vaar goed

‘n Groot aantal ruiters van Merensky Landbou Akademie het op 15 Julie opgesaal en by Winfield Stalle buite Polokwane aangemeld om aan die sewende kwalifiseerder deel te neem.

In die SANESA-kompetisie behaal Minette Wolmarans ‘n eersteplek as vlak 2-ruiter en Danica Coetzee behaal vyfdeplek. Onder die vlak 0-ruiters behaal Diné Booyse ‘n tweedeplek. Nina Erasmus vat derdeplek, Laila le Roux vat vierdeplek, en Danielle Bornman vat vyfdeplek in die vlak 0-kategorie. Sujana Olivier, vlak 3-ruiter, behaal sesdeplek en AJ van der Westhuizen, vlak 4-ruiter vat tweedeplek in sy afdeling.

Lees ook: Plasie-ruiters verbeter hul kwalifikasie-vlakk

In die SAWMGA-kompetisie is vier Plasie-vlak 0-ruiters in aksie. Diné Booyse vat eersteplek, Nina Erasmus is tweede, Danielle Bornman vat vierdeplek en Laila le Roux vat 11de-plek. Minette Wolmarans wen die vlak 2-afdeling met Danica Coetzee in sesdeplek. Sujana Olivier vat sewendeplek in die vlak 3-afdeling en AJ van der Westhuizen vat tweedeplek in die vlak 4-afdeling

Exit mobile version