Sport

Larries-hokkie begin seisoen met toernooi

Die Larries se hokkieseisoen het op Maandag 17 Julie met ‘n vriendskaplike hokkietoernooi afgeskop.

Die Larries was die gasheer tydens die toernooi. Laerskole Lydenburg, Garsfontein, Julian Miller, Pietersburg-Oos en Mariepskop se oop A- en B-spanne en o11 seuns- en meisiespanne het deelgeneem. Volgens Beronice Avontuur, Tzaneen se hokkieorganiseerder, is die doel om in 2023 meer wedstrydgeleenthede net die begin.

Lees ook: Larries se o12’s is kampioene

Ilana Lubbe in aksie vir die Larries.

“Die spelers en afrigters het die dag geniet en daar is goeie hokkie gespeel. Ek dink nie daar is ‘n beter manier om die hokkieseisoen mee af te skop nie. Elke wedstryd was sinvol,” sê Avontuur. Die skool het Hoërskool Ben Vorster en Merensky Landbou Akademie bedank vir die gebruik van hul praghokkiefasiliteite en het ook die Larrie-afrigters bedank wat die laaste dag van die vakansie opgeoffer het vir die toernooi.

Related Articles

Back to top button