Sport

Vossie-netbal kook

Hoërskool Ben Vorster se netbalspanne het onlangs uitstekend gevaar in verskeie toernooie.

Die o14A-span het tweedeplek in die Limpopokampioenskappe behaal na ‘n senutergende eindstryd. Die o16A-span moes die knie buig in die halfeindstryd, maar verower ‘n derdeplek by vanjaar se kampioenskappe. Beide hierdie spanne gaan Limpopo verteenwoordig tydens die SASN-nasionale
kampioenskappe van 10-12 Augustus in Boksburg in Gauteng.

Die Vossies se o14A-netbalspan het onlangs tweedeplek in die Limpoposkolekampioenskappe behaal. Voor is Nkateko Nkwinika, Zene de Jager, Elizma
Spangenberg (afrigter), Peggy Phakula en Xigwili Ngobeni. Agter is Rivoningo Shingange,
Tshepiso Phakula, Shiluva Shipalana, Natasha Hlungwane en Muofhe Modau

Lees ook: #Vossies vertoon goed teen SA se beste netbalskole

Die Vossies se o15A-netbalspan verower silwermedaljes in die Motsepe Limpopokampioenskappe. Voor is Khanyisa Nxumalo, Ayanda Moriri. Agter is Mandi van Heerden
(afrigter), Nthabiseng Mokone, Wanga Ramaliba, Mia Bruwer, Shongile Mthembi, Mine du
Plessis, Annelien Lombard, Una Modau en Betty Phala (president van Limpopo-skolenetbal).

Die o15A-span verower silwer by die Motsepe Limpopo-kampioenskappe en verteenwoordig ook Limpopo in Augustus by die Nasionale Motsepe o15- kampioenskappe. Die eerstespan behaal die afgelope naweek derdeplek by die DSTV o19-Limpopokampioenskappe.

Die Vossies se o16-netbalspan behaal derdeplek in die Limpopo-netbalkampioenskappe.
Voor is Mashlatse Mabotja en Leanne Liebenberg. Agter is Rifumo Twala, Chanelle de
Swardt, Michaela Manakira, Kwezi Lubisi, Dimpho Ramotwala, Emma Masetla, Tshego
Maditsi en Marike de Beer (afrigter).

Related Articles

 
Back to top button