Sport

Larries se o12’s is kampioene

Laerskool Tzaneen se o12- netbalspan is die Limpopokampioene vir die 2023-seisoen.

Die Limpoponetbalkampioenskappe het op 9 en10 Junie plaasgevind. Die o12’s wen Laerskool Thabazimbi 18-3 en wen LaerskoolMasha 19-2. Hulle klop Laerskool Khodobi 10-5 en wen Laerksool Tshifudi 16-5. In die kwarteindstryd wen die Larries se o12’s 13-3 teen Laerskool Mokopane. Die Larries kom te staan teen Laerskool Phalaborwa in die halfeindstryd en wen die taai stryd met 9-5. In die eindstryd teen Noordskool wen die Larries se o12-netbalspan met 9-7 om as Limpopo-kampioene gekroon te word.

Lees ook: GALLERY: Larries Grade 1’s ring the bell

Die o13-netbalspan behaal vierdeplek in die Limpopokampioenskappe. Hulle wen teen Laerskool Tlou Kwena, Laerskool Manko en Laerskool Marble Hall en kom in die kwarteindstryd teen Laerskool Pietersburg te staan. Hulle wen die kwarteindstryd met 13-6. Die Larries val egter vas teen Noordskool in die halfeindstryd en speel teen Laerskool Louis Trichardt uit vir derde- of vierdeplek. Die o13’s moes egter tevrede wees met vierdeplek met die span van Louis Trichardt wat die wedstryd met 13-8 wen

Related Articles

 
Back to top button