Sport

Leon wen sy eerste 100-myler trofee

Leon Roode het die afgelope naweek sy eerste 100-mylertrofee gewen toe hy eerste oor die eindstreep van die Addo Elephant Trail Run is.

Hy het dié veldwedloop in 24 uur 29 minute voltooi.
“Dit was ‘n moeilike jaar op die roete gewees,”verduidelik Roode. “Die organiseerders sê dat daar vanjaar die tweede hoogste uitvalsyfer onder die hardlopers was. Dit is een van die oudste 100-mylwedlope in die land en word sedert 2005 aangebied,” vertel hy.

Roode sê dat dit baie warm was toe die wedloop Vrydagmiddag om 13:00 weggespring het. “Wat dit ook uitdagend gemaak het is die vol riviere en dat daar baie water was op die roete. So jy het reeds vroeg in die wedloop nat voete. Ek moes reeds op 35km in die wedloop in al na my voete begin omsien,” verduidelik hy. “Deel van die avontuur is om in die nag te hardloop. Ek het stoksielalleen gehardloop van so 20km tot 130km op die roete. Deur die nag was daar ook weerlig en ‘n donderstorm,” vertel Roode.

Also read: Hudson rugby girls taking over

‘n Hoogtepunt was die drie of vier klein jakkalse wat in die nag agter homaangedraf het.
“Hulle was nuuskierig en dit was nogal besonders,” vertel hy. Roode het ook baie koedoes, bobbejane en ander kleinwild op die roete gesien.
“Die taaiste deel van die wedren was na sonop vanaf 110km tot 130km op die roete, dit is ‘n moeilike
gedeelte wat ‘Valley of Tears” genoem word,” vertel hy.

“Daarna sluit die hardlopers op die korter
afstande by jou aan en is daar weer mense om jou,” sê Roode. Roode beoog om in Mei die 100-myl Race to Sun-bergfietswedren aan te pak en oorweeg dit om in November weer ‘n 100-mylveldwedloop aan te pak.

Related Articles

Back to top button