Sport

Swerwers trek groot visse uit

Jonk en oud het die afgelope naweek die Swerwers Klubhengelkompetisie ten spyte van die uitermatige hitte en humiditeit in Hoedspruit geniet.

Die kompetisie wat veral op die jeug fokus en deur die Hoedspruit Diepsee Hengelklub aangebied word het meer as 200 inskrywings gehad vir diƩ vyfspesiehengelskompetisie. Die jongspan het ook die spookasemstalletjie en die sprinkastele by die geleentheid ondersteun.

Die wenners is Saterdagaand by Moabetsi Boerdery se pakhuis aangekondig met Gerhard en Anli Mostert, ook bekend as Bok Oppi Trok, en die bekende sanger, Hugo wat gaste vermaak het. Rankin Rutherford het die grootste kurper gevang en het ook die swaarste sak kurpers vir die dag geweeg. Tejhan Wolmarans het die tweede grootste kurper uitgetrek. Tyla Coetzee is die o.19-wenner en Heinrich Fuls is die beste o.13- hengelaar in die kurperkompetisie.

Susan Joubert het in die vroueafdeling die kurperkompetisie gewen. Johann Meintjes (jnr) het die grootste karp uitgetrek met Johann Meintjes (snr) in die tweedeplek. Fuls trek die grootste karp uit in die o.13-afdeling en Rainhardt Maritz sorg vir die swaarste sak in die karpkompetisie. Dolf van Wyk trek die grootste baber uit en sorg ook vir die swaarste sak in die baberkompetisie. Joanie van der Merwe wen die vroue-afdeling en Tyla Coetzee wen die o.19-afdeling.

Lees ook: FOTOā€™S: Sien sosiale- en prysuitdelingfotoā€™s van die Swerwers Klubhengelkompetisie

Werdian du Plessis is die o.13-wenner in die baberhengelkompetisie. Reinardt Maritz trek die grootste baars uit met Ryno Olivier in die tweedeplek. Anke de Rosner wen die vroueafeling en Jayden Visser trek die grootste baars uit in die o.19- afdeling. Wian van der Walt (jnr) vat die eersteplek in die o.13-afdeling. Maritz is die algehele wenner van die Swerwers Klubhengelkompetisie met 14 130 punte gevolg deur Dolf van Wyk in tweedeplek. Susan Joubert is die algehele wenner in die vroue-afdeling met 5 600 punte.

Tyla Coetzee is die algehele wenner in die o.19-afdeling en Fuls vat algehele eersteplek in die o.13- afdeling. Die Hoedspruit Diepsee Hengelklub en organiseerders bedank graag die volgende borge vir hul bydrae tot die sukses van die hengelkompetisie: Abdool se Winkel, African Summer Spa, Agribox, Agri Elektries, Altener Plant, Annamie Meintjes Photography, Art Taxidermy Africa, Bergrivier Sitrus, Blue Mountain Restaurant, Blyde Mountain Country House, Bosbok Gas, BUCO, Build It, Chameleon Builders, Driehoek Drankwinkel, Driehoek Slaghuis, EDEN, Fancy Fingers, Hi-Q Hoedspruit.

Hoedspruit Herald, Hornbill Enterprises, JWM Asia, Klaserie Karavaan Park, Laeveld Agrochem, Lowveld Clothing, Lowveld Computers t/a ZIP, Ludie Erasmus Vervoer, Luvit, Maruleng Motors Spares, MJ Photographic, MJB Professional Accountants, Monico Camp Inhaca, Moriah Foods, Noordchem, Novon, Oasis Hoedspruit, Obaro, PG Glass, Postnet Hoedspruit, Premos Gin, Rederberg Estates, Remax Wildlife Properties, S&J Labels, Salon Monique, Sollyā€™s Anglers Corner, Steers, Debonairs, Wimpy, Sun Destinations Chacma Bush Lodge, The Cap Company, NTT Toyota Hoedspruit en Voltex Hoedspru

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button