Sport

Vroue-atleet droom groot

'n Tzaneense vroue-atleet wat al baie lewensuitdagings moes oorkom, se droom is om vanjaar vier honderd-myl veldwedlope aan te pak.

Alicia Opperman (37) wil die sogenaamde AMUKuitdaging op die Suid-Afrikaanse veldwedloopkalender voltooi. “Nog net twee vroue kon daarin slaag om die vier veldwelope van 160km elk te voltooi,” vertel Opperman. “Dit is ‘n reuse-uitdaging en slaan my asem weg net om daaraan te dink.” Opperman sê om dié droom te kan uitleef, het sy die ondersteuning van borge en die gemeenskap nodig.

“Deur die wedlope hoop ek om mense aan te moedig om in hul eie vermoëns te glo, as jy nie probeer nie, sal jy nooit weet nie. Maar bowenal doen ek dit om God te dien en sy woord uit te dra waar ek ook al gaan.” Die eerste van die 100-myluitdagings is die Addo Elephant Trail Race wat vanaf 16 tot 23 Maart in die Oos-Kaapse Addo Nasionale Park gehou word. Die wedloop word reeds vanaf 2005 aangebied en is ook die enigste van die nasionale parke wat die ‘Groot 7’ wildlewe het.

Lees ook: Fitness junkies showcase their strength at weightlifting competition

Die tweede wedloop is die Ultra Trail Drakensberg in die bekende Maloti Drakensbergwêrelderfenisgebied. Dit roete sluit bekende bakens in soos die Sani-pas, Twaalf Apostels en Garden Castle in wat allerweë beskou as SuidAfrika se hoogste en mees afgeleë berggebied. Die Mac Mac Ultra, die derde resies in die uitdaging, word vanaf 17 tot 21 Mei gehardloop vanaf Pelgrimsrus en die roete gaan verby afgeleë historiese goudmynbesienswaardighede wat uit die goudstormloop van verloë jare dateer.

Die laaste 100-myl-wedloop is die Karkloof 100 Mile Trail Run en word vanaf 22 tot 24 September op Howick in KwaZulu-Natal gehardloop. Opperman het in ‘n onderhoud verlede jaar aan die Herald vertel dat sy arm grootgeword het. Selfs na twaalf operasies waartydens sy deurgaans voltyds gewerk het om vir haar kinders te sorg, het sy gehardloop. “Dit het my geleer om nooit tou op te gooi nie, om sterker te wees en om dankbaar te wees vir elke asem,” het sy vertel. Ondersteuners wat Opperman wil help haar droom bewaarheid, kan haar kontak by 063 606 5547.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button