Sport

Atlete breek rekords by interhuisatletiek

Plasiepark het die week behoorlik gedruis toe die vier huise, Aqua, Ignus, Terra en Ventus, wat mekaar tydens die jaarlikse atletiekinterhuisbyeenkoms die stryd aangesê het.

Opmerklik was dat die graad 8-skiewies in massas aangemeld het vir verskeie items. 131 o.14- meisies het by die gewigstoot en 93 o.14-seuns by die diskus aangemeld. By die 100m-naellope was daar tien lopies om al die ywerige atlete te akkommodeer. Aan die einde van die genotvolle dag het Aqua koning gekraai. Leandré de Lange is bekroon as junior victrix ludorum en JP Botha as junior victor ludorum.

By die seniors is Klara Pretorius en Arno Haasbroek aangewys as die kroondraers. Atlete wat rekords in die slag laat bly het is: o.17 meisies 100m, Klara Pretorius 12.83, Keira Booth 13.24. o.15 seuns 1500m, Thabane Ramalepe 04.45.44. o.19 meisies 3000m, Zoë Malherbe 13.11.63. o.14 meisies 90m hekkies, Leandré de Lange 16.64. o.14 seuns 100m hekkies, Sven Hedin 16:54. o.17 meisies 100m hekkies, Klara Pretorius 15.78.

o.16 seuns 110m hekkies, Leon de Lange 16.35. o.14 seuns 300m hekkies, Sven Hedin 46.16. o.16 meisies 400m hekkies, Sophia van Wyk 1.11.35. o.17 meisies 400m hekkies, Klara Pretorius 1.11.35, Geane Anderson 1.18.24. o.19 meisies 400m hekkies, Lané Kasselman 1.19.45.
o.16 seuns hoogspring, Arno Haasbroek 1.77. o.17 seuns driesprong, Carlo Moller 11.00. o.17 meisies gewigstoot, Zila Kruger 11.50. o.14 seuns diskus, Andrich Venter 33.90.

Lees ook: Vroue-atleet droom groot

o.14 seuns spiesgooi, JP Botha 53.54. Na ‘n baie suksesvolle interhuis het Plasies Schalk Rossouw, George Steenkamp, MC Brandt, Kyle Crous, Leon de Lange, Ryly de Neijs, Liam Jacobs, Jens Bezuidenhout, Lylan Naude, Anita Beukes, Lin Bezuidenhout, Jané Buitendag, Layah Mahomed, Keira Booth, Klara Pretorius en Sophia van Wyk op Saterdag, 14 Januarie aan die eerste LIMA-byeenkoms (Limpopo Atletiek) by Merensky Landbou Akademie deelgeneem.

Die volgende LIMAbyeenkoms is geskeduleer vir 21 Januarie in Mankweng. Atletiekliefhebbers word ook uitgenooi na die tradisionele Frikkie Deysel-byeenkoms wat op 10 Februarie op Plasiepark aangebied word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button