Gravel Grinder MTB-uitdaging ‘n sukses

Die Gravelotte Gravel Grinderbergfietsuitdaging het Saterdag by Jakkalsroep venue plaasgevind met meer as 200 bergfietsryers wat die 15km, 35km, 60km en 130km roetes aangepak het.

In die 15km-bergfietswedren vat Ken de Lange die algehele eersteplek en Marlo van der Walt vat tweedeplek. Beide seuns het in die o.12-afdeling gekompeteer en De Lange het die resies in 35:02 voltooi. Aron van der Borre vat algehele derdeplek en wen die o.10-seunsafdeling. Lohan van der Walt vat tweedeplek in die o.10-afdeling. Zianté Steyn wen die o.12- dogtersafdeling en Sandra Spies en Katrien van Tonder deel die eerste trappie op die podium in die o.10-dogtersafdeling.

In die 35km-uitdaging vat die sub-junior fietsryer, Henro van der Walt die algehele eersteplek met ‘n tyd van 1:08:26. Nicky Willemse en André van der Ree, ook beide sub-junior fietsryers, vat die tweede- en derdeplek, onderskeidelik. Jenna Adlam wen die vroue-afdeling en vat ook sodoende eersteplek in die dogters jeug-afdeling. Sy is algeheel sewende en voltooi die roete in 1:24:30. Ruwan van der Merwe vat eersteplek in die seuns jeug-afdeling gevolg deur Vaugn Scheepers in tweedeplek.

Op die 60km-roete het die eerste vier fietsryers behoorlik gejaag vir die eindstreep en Willie Willemse (jnr) vat die algehele eersteplek met ‘n wentyd van 2:05:23. Gunther Katzke is een sekonde agter Willemse en vat algehele tweedeplek en wen die elite-mansafdeling. Twee sekondes na hom is Stanford Lake College se Gordon Noel oor die eindstreep en vat hy eersteplek in die seuns-jeugafdeling en algehele derdeplek. Katzke is ‘m oud-leerling van Stanford Lake College en is ry ook onder Insect Science se vaandel.

Lees ook: ZZ2 Mooketsi MTB in pictures

Jacques du Preez is met ‘n tyd van 2:05:27 eerste in die junior mansafdeling en vat algehele vierdeplek. Monique Fourie vat eersteplek in die vroue-afeling met ‘n tyd van 2:15:09 en Lianke Fourie wen die junior vroue-afdeling met ‘n tyd van 2:22:56. Alan Gordon en Herman Fourie van die Insect Science span het op die 130kmroete algehele eerste- en tweedeplek gevat. Gordon wen die uitdaging met ‘n tyd van 4:16:28 met Fourie wat ‘n sekonde later oor die eindstreep is.

Sydney Swart en Bill Noel vat derde- en vierdeplek, onderskeidelik. Swart voltooi die 130km-roete in 4:51:50 met Noel wat ‘n sekonde later oor die eindstreep is. Louw Agenbag vat algeheel die vyfdeplek en John Menster wen die meestermansafdeling en vat algehele sesdeplek. Franco Pelser en Andy Pirie vat sewendeen agsteplek, onderskeidelik gevolg deur Mario Ferreira en BJ van Zyl in die negende- en tiendeplek. Danie Malan wen die grootmeester-afdeling. Dalene van Zyl wen die vroue-afdeling met ‘n tyd van 5:23:15 en Taryn-Maie Wille
vat tweedeplek.

Lees ook: Cyclists tackle first Miami Magoebaskloof MTB challenge

Shirley Shriven vat algehele derdeplek in die vroue-afdeling gevolg deur Moné Pieterse in die vierdeplek. Shriven vat tweedeplek in die vroue-veteraanafdeling. Clarette Venter wen die subveteraanafdeling en Annaleen Visagie wen die vroue-meestersafdeling. Retha Beukes vat algeheel die sewendeplek gevolg deur Wilma Willemse en Anna van Schalkwyk. Tzaneen Fietsryklub het die geleentheid aangebied en die organiseerders bedank graag NTT Isuzu, die hoofborg asook Miami Canners, BF Fuels, LCP, Corroseal, Mahlahla Lodge, Selati River Ruins Lodge, Kampvuur, Jean Meintjies Metal Sculptures, Olga Bolga, Dr. Marlize Meintjes Aesthetics Gravelotte Engineering, Bearing International en Phalaborwa Ford vir hul borgskappe.

Exit mobile version