Zhang en Kruger tops by Top Tien-gala

Twee van Tzaneen se beste swemmers, Marnus Kruger en Jenny Zhang het skoonskip gemaak in hul ouderdomsgroepe by die Top Tien-skolegala wat Saterdag in Tzaneen plaasgevind het.

Zhang is as die junior Victrix Ludorum aangewys en verdien die meeste Hy-Tek punte van al die meisies by die gala vir haar goeie prestasie in die 200m-individuele wisselslag item. Sy teken 110 punte aan vir haar skool.
Zhang, ‘n graad 10-leerder by Stanford Lake College het vyf goue medaljes ingepalm en twee rekords verbeter.

Sy vat eersteplek in die 200m-individuele wisselslag (dogters 16 tot 18 jaar), die 50m-rugslag, en 50m-vlinderslag. Zhang verbeter die 100m-vlinderslagrekord van 1:18,73 (2018, Lané Prinsloo) na 1:12,89 en verbeter die 100m-rugslagrekord van 1:19,92 (2018, Anika Schmidt) na 1:12,96.
Kruger van Hoërskool Ben Vorster vat goue medaljes in die 200m-individuele wisselslag, 50m-rugslag, 100m-vlinderslag, 50m-vlinderslag, 100m-rugslag.

Jenny Zhang van Stanford Lake College en Adelia Schonken van Merensky Landbou Akademie in aksie. Zhang wen vyf goue medaljes en verbeter twee rekords.

Also read: Swemmers presteer by top tien-skoleswemgala

Hy teken 100 punte aan vir sy skool.
Hy ontvang ook ‘n goue medalje saam met sy mede-Vossie-aflosspanmaats, Aldo Blignaut, Luan Lategan en Wikus Joubert in die 200m-vryslagaflos (seuns 17 tot 19 jaar).
Merensky Landbou Akademie se dogters aflosspan (15 jaar), Mi-né Verster, Mignon Smit, Jané Auret en Cianke Louw wen goue medaljes in die 200m-vryslag item.

Die Plasies se 16-jarige dogtersaflosspan, Larike Joubert, Adelia Schonken, Jayden Jurgens en Keira Booth wen twee goue medaljes in die 200m-vryslag item en 200m-wisselslag item. Booth wen ook goud in die 50m-vlinderslag, 50m-vrysslag en 100m-borsslag.
Die Vossies se 16-jarige seunsaflosspan Amaris Nortje, Joszua Joubert, Jason Loucao en Damian Bye wen goue medaljes in die 200m-wisselslag en die 200m-vryslag aflositems.

Joszua Joubert swem vlinderslag by die Top Tien-skolegala.

Joszua Joubert (16) wen ook goue medaljes in die 50m-borsslag, 100m-borsslag en 50m-vryslag. Loucao wen goue medaljes in die 100m-rugslag en 50m-rugslag.
Elné Haynes (15) vat goud vir die Vossies in die 50m-rugslag en in die 100m-rugslag.
Carmen Veldsman van Stanford Lake College vat ‘n goue medalje in die 50m-borsslag in die 13 tot 14 jarige ouderdomsgroep.

Yvonne Botha van Hoërskool Ben Vorster in aksie.

Larike Joubert (16) vat goue medaljes in die 50m-borsslag en 100m-vrysslag vir die Plasies. Mede-Plasie-swemmer, Donia Smit vat ook twee goue medaljes in die 50m-borsslag en 100m-vrysslag in die 17- tot 18-jarige ouderdomsgroep. Simoné Schonken wen ‘n goue medale in die 100m-borsslag vir die Plasies.

Simoné Schonken in aksie vir Merensky Landbou Akademie.

Die swemspan van Hoërskool Ben Viljoen vat eersteplek met 1 776 punte, die Vossies se swemspan vat tweedeplek met 1 508 punte.
Besoek www.letabaherald.co.za vir meer aksiefotos, podiumfotos en volledige uitslae.

Exit mobile version