Liefdadigheidsgholf-dag ‘n groot sukses

Twee van Tzaneen se bekendste besighede, Paint Pot en Smit & Kie het Vrydag hulle eerste liefdadigheidsgholfdag by Tzaneen Buiteklub aangebied.

‘n Veld van 17 vierbalspanne het mekaar Vrydagmiddag die stryd aangesê in ‘n vierbal beterbal-kompetisie in die Laeveld-hitte. Walter Herfurth en Gert van Zyl het ‘n goeie dag op die baan gehad en met 47 punte wen hulle die eersteprys.
Frikkie Opperman en Juan Vorster van die Tasklogix-span het die tweedeprys gewen met 46 punte. Ockert Maritz en Matie McCallaghan vat derdeplek met 45 punte. Ryan Hyde het die prys gewen vir die langste dryfhou en die naaste aan die pen kompetisie is deur Tiaan Fullard gewen.

Lees ook: Jaarlikse gholf in herinnering aan Chris Muller terdeë geniet

Luxor Paints het die prys vir die borg van die dag gewen.
Anton Muller van Paint Pot Tzaneen het elke speler bedank vir hulle ondersteuning asook die volgende borge van die liefdadigheidsgholfdag: AGD Alluminium, Bulldog Abrasives, CIB, Duram, Flash Harry, Hamiltons, Helpende Hand, Letaba Herald, Luxor Paints, Northen Security, Old Mutual, Powafix, Prominent Paints, Rekara Mills, Renasa, Stanford Lake College, Trophy Toyota, Tzaneen Counrty Lodge en VAPS.

Exit mobile version