Anke wen by Vlakvark-bergfietsuitdaging

Anke Rood het Saterdag die vroue-afdeling by Hoedspruit Fietsryklub Hi-Q Vlakvark bergfietsuitdaging gewen.

Anke het die 30km-uitdaging saam met pa, Dick en ma, Dorothy aangepak. Sy en Dick is gelyk oor die eindstreep en voltooi die wedren in 1:30:36. Dick wen sodoende die mans-meestersafdeling en Anke is algeheel eerste in die vroue-afdeling en wen ook die 15-16 vroue-jeugafdeling. Die Roods ry vir die Lowveld PPE-span.
Tyrone Anders wat in die 17-18 junior manskategorie kompeteer, het die algehele eersteplek gevat en hy voltooi die 30km-roete in 1:22:02.

Jonathan Brink en Pierre Bruwer is kort daarna oor die eindstreep en is in die tweede- en derdeplek op die podium. Brink wen sodoende die mans-subveteraanafdeling en Bruwer wen die mans-veteraaanafdeling.
Jeugryer, Karla Durant, vat tweedeplek in die vroue-afdeling en veteraan, Anita Visagie vat die derdeplek op die podium. Durant wen ook sodoende die 17-18 jeugafdeling.
Angelica Mills wen die elite-vroue-afdeling en Michelle de Klerk vat eersteplek in die vroue-subveteraanafdeling.

Lees ook: Cyclists tackle first Miami Magoebaskloof MTB challenge

Anita Visagie wen die vroue-veteraansafdeling en Karin Taljaard wen die meestersafdeling. Andra Thompson wen die vroue bo 60 ouderdomsgroep.
In die mansafdeling wen Milan Mostert die 13-14 sub-junior afdeling en Mulaudzi Thabo wen die 15-16 mansjeugafdeling.
Anton Bam wen die elite-mansafdeling en Wynand van der Neut wen die mans bo 60 ouderdomsgroep.

Altesaam 27 bergfietsryers by Hoedspruit Wildlife Estate die 70km-uitdaging aangepak en elite-ryer, Komborero Bere, was die eerste man oor die eindstreep in die 70km-uitdaging. Bere voltooi die roete in 3:03:16.
De Wet Conradie het tweedeplek op die podium gevat met Charles Zeelie in derdeplek.
Noenie Mattheus het die eersteplek in die vroue-afdeling gevat met ‘n tyd van 3:53:19. Shani Rudder en Angela Green vat die tweede- en derdeplek, onderskeidelik.
Kevin McEvoy wen die mansmeestersafdeling en Johan van Rooyen vat eersteplek in die mans bo 60 ouderdomsgroep.

Op die 12km-roete vat Aron van den Borre die eersteplek. Hy voltooi die roete in 41:57.
Shirlene van den Borre is net na Aron oor die eindstreep en wen sodoende die vroue-afdeling in die 12km-uitdaging met ‘n tyd van 42:06. Aron wen ook die o.10-seuns Nippers-afdeling.
Henré Harvey en Gerhard Harvey is ook albei gelyk oor die eindstreep en deel die derdeplek in die mansafdeling.
Karen Coetsee en Hannah Meintjies vat tweede- en derdeplek in die vroue-afdeling, onderskeidelik.

Matt Anderson wen die 15-16 mansjeugafdeling en Regard Kasselman wen die o.12 Sprogs-afdeling. Thomas McEvoy vat eersteplek in die o.8 sub-Nippers-afdeling.
In die 5km-bergfietswedren is Elmarie van Rensburg eerste oor die eindstreep. Elri van Rensburg wen die o.10 Nippers-afdeling en Ingrid Smit wen die o.8-sub-Nippers-afdeling.
Morné Lamprecht vat eersteplek in die mansafdeling en James Matthis vat eersteplek in die seuns o.8-sub-Nippers-afdeling.

Exit mobile version